Content-Length: 67512 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Bagiennik

Bagiennik - Wikipedia Gaan na inhoud

Bagiennik

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bagiennik is die naam van watergeeste in die Slawiese mitologie. Hulle was verwant aan die badhuis-gees Bannik. Hulle was onderdanig aan Wąda, dame van die mere en vlak strome.

Die Bagienniks het diep onder in mere en riviere gewoon. Hulle het ’n olierige stof uit hul neusgate vrygestel wat so warm was dat dit ’n mens kon brand, maar dit het ook genesende eienskappe gehad vir rumatiek, diep wonde, slegte spysvertering, hartsiektes en selfs onvrugbaarheid.

Die teenwoordigheid van bagienniks kon gesien word aan borrels op die wateroppervlak of aan die donker en modderige kleur van die water.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Bagiennik








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Bagiennik

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy