1837
jaar
1837 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1832 | 1833 | 1834 | 1835 | 1836 | ◄ 1837 ► | 1838 | 1839 | 1840 | 1841 | 1842 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1837 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Britte ná die slag van Saint-Charles | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1837 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 37ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Die eerste opleidingsskool vir onderwys in Suid-Afrika word in Genadendal begin.
- 26 Januarie – Michigan word die 26ste deelstaat van die Verenigde State.
- 2 Februarie – Piet Retief se manifes word in die Graham's Town Journal gepubliseer.
- 4 Maart – Chicago (gestig ~ 1780), tans die Verenigde State se derde grootste stad, word geïnkorporeer.
- 19 Mei – Pous Gregorius XVI stel Luigi Amat di San Filippo e Sorso, titulêr aartsbiskop van Nicea en Angelo Mai, sekretaris van Propaganda Fide aan as kardinale.
- 20 Junie – Koningin Victoria bestyg die Britse troon.
- 5 November – Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by Mgungundhlovo.
- 12 November – Deborah Retief, skryf haar pa se naam op die Retiefklip naby Harrismith.
- 25 November – Slag van Saint-Charles: Britse magte onder Sir John Colbourne verslaan die opstandelinge in Kanada.
Geboortes
wysig- 7 Januarie – Thomas Henry Ismay, Britse skeepsmagnaat, stigter van die White Star Line († 1899).
- 18 Maart – Grover Cleveland, die 22ste en 24ste President van die Verenigde State († 1908).
- 18 Maart – Richard Maurice Bucke, Kanadese psigiater († 1902).
- 17 April – J.P. Morgan, finansier, kunsversamelaar, filantroop († 1913).
- 7 Mei – Karl Mauch, Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika († 1875).
- 9 Mei – Adam Opel, Duitse ingenieur en industrialis († 1895).
- 22 Junie – Paul Morphy, Amerikaanse skaakspeler († 1884).
- 4 Julie – Carolus-Duran, eintlik Charles Auguste Émile Durand, Franse skilder en kunsdosent († 1917).
- 6 Julie – Wladyslaw Zelenski, Poolse pianis en komponis († 1921).
Sterftes
wysig- 10 Februarie – Aleksander Poesjkin, ’n Russiese Romantieke skrywer wat beskou word as die grootste Russiese digter en die vader van moderne Russies (* 1799).
- 31 Maart – John Constable, Engelse Romantiese skilder (* 1776).
- 20 Junie – William IV, koning van Groot-Brittanje (* 1765).
- 17 Oktober – Johann Hummel, Duitse komponis (* 1778).