30 Maart
datum
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
30 Maart is die 89ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (90ste in skrikkeljare). Daar volg nog 276 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 1191 – Pous Celestinus III volg Pous Clemens III op.
- 1553 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word tot priester gewy.
- 1700 – Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI) word kardinaal-priester van S. Silvestro in Capite.
- 1789 – Pous Pius VI stel nege nuwe kardinale aan waaronder Joseph Franz Anton von Auersperg, prins-biskop van Passau.
- 1842 – Narkose word die eerste keer gebruik in 'n operasie.
- 1856 – Die Krim-oorlog word met die 1856 verdrag van Parys beëindig.
- 1867 – Alaska word gekoop vir $7.2 miljoen (ongeveer twee sent per akker) deur die Verenigde State van Amerika se Staatsekretaris William H. Seward. Die media noem dit Seward's Folly.
- 1870 – Die Grondwet van die VSA word vir die vyftiende keer verander, om stemreg te gee aan alle mans ongeag hul ras, kleur, of vorige slaafstatus.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: magte van die Sowjet-Unie val Oostenryk binne en neem beheer oor Wene.
- 1951 – Remington Rand besorg die eerste UNIVAC I-rekenaar aan die VSA-sensusburo.
- 1981 – President Ronald Reagan word deur John Hinckley, Jr, in die bors geskiet buite 'n hotel in Washington, D.C..
- 1987 – Vincent van Gogh se skildery "Sonneblomme" is gekoop vir $39.85 miljoen.
Geboortes
wysig- 1222 – Nichiren, Japannese Boeddhistiese hervormer, stigter van die Nichiren-Boeddhisme († 1282).
- 1746 – Francisco Goya, 'n Spaanse skilder († 1828).
- 1754 – Jean-François Pilâtre de Rozier, Franse chemie en fisika onderwyser en een van die eerste lugvaartpioniers († 1785).
- 1853 – Vincent van Gogh, Nederlandse skilder († 1890).
- 1857 – Roeland Anthonie Kollewijn, Nederlandse taalkundige, († 1942).
- 1859 – Sir David Pieter de Villiers Graaff, 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister († 1931).
- 1891 – Lionel Royce, Oostenrykse - Amerikaanse akteur († 1946).
- 1894 – Sergey Ilyushin, Russiese lugvaartingenieur († 1977)
- 1926 – Ingvar Kamprad, Sweedse sakemagnaat en stigter van Ikea († 2018).
- 1937 – Warren Beatty, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 1945 – Eric Clapton, Britse kitaarspeler.
- 1950 – Robbie Coltrane, Skotse akteur, komediant en skrywer († 2022).
- 1957 – Paul Reiser, Amerikaanse akteur.
- 1959 – Maggie Baird, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Tracy Chapman, Amerikaanse sangeres.
- 1965 – Piers Morgan, Engelse omroeper, joernalis, skrywer en televisiepersoonlikheid.
- 1968 – Céline Dion, Kanadese sangeres.
- 1970 – Leleti Khumalo, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1975 – Sebastian Bieniek, Pools-Duitse filmdirekteur, kunsskilder en fotograaf († 2022).
Sterftes
wysig- 1842 – Elisabeth Vigee-Lebrun, Franse skilder (* 1755).
- 1879 – Thomas Couture, Franse skilder en leraar (* 1815).
- 1912 – Karl May, Duitse outeur (* 1842).
- 1986 – James Cagney, Amerikaanse akteur (* 1899).
- 1941 – Laurens Meintjes, Suid-Afrika, se eerste wêreldkampioen in fietsry (* 1868).
- 1955 – Lydia Knott, Amerikaanse aktrise (* 1866).
- 1969 – Terence Macleane Salter, Brits-Suid-Afrikaanse plantversamelaar en plantkundige (* 1883).
- 1986 – John Ciardi, Amerikaanse digter, vertaler en etimoloog (* 1916).
- 2002 – Elizabeth Bowes-Lyon, Koningin Moeder van die Verenigde Koninkryk (* 1900).
- 2012 – Zak van Niekerk, Suid-Afrikaanse sanger (* 1978).
- 2024 – Bart de Graaff, Nederlandse skrywer (* 1959).
Vakansiedae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 30 March. |
- Roomse Ryk - Fees vir Salus