Ammoniumkarbonaat

chemiese verbinding

Ammoniumkarbonaat is 'n sout met die formule (NH4)2CO3.

Eienskappe

Algemeen

Naam Ammoniumkarbonaat 
Ander name Vlugsout
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule (NH4)2CO3
Molêre massa 96.07
CAS-nommer 506-87-6[1]  
Voorkoms Kleurlose of wit vastestof
Fasegedrag
Smeltpunt (ontbind) 58 °C[1]
Kookpunt -
Digtheid
Oplosbaarheid in water (pH =9,4 10% opl.)

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt  
LC50 37 mg/kg (vis)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Hierdie sout word dikwels vlugsout genoem omdat dit maklik ontbind:

As kristallyne vastestof is dit net as die monohidraat (NH4)2CO3.1H2O bekend. Dit het 'n ortorombiese struktuur (ruimtegroep Pnma Z=4; a = 12.047 (3), b = 4.453 (1), c = 11.023 (3) Å en V = 591.3 (3) Å3 [ρberekend = 1281.8 (7) kg m−3] by T= 10 K.). Hierdie stof word op aarde byvoorbeeld in ghwano as die mineraal teschemacheriet aangetref. Maar dit is dalk volopper in die heelal, byvoorbeeld in primitiewe planetêre newels. [2]

Daar is nog twee ternêre kristallyne fases bekend in die NH3-CO2-H2O stelsel.

In oplossings word in ewewig karbamaatione NH2CO2 gevorm[3] en kommersiële produkte wat die naam "ammoniumkarbonaat" dra, bevat dikwels hoofsaaklik ammoniumkarbamaat NH4NH2CO2. [2]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 "Fisher Sci" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
  2. 2,0 2,1 Structure, hydrogen bonding and thermal expansion of ammonium carbonate monohydrate A. Dominic Fortes, Ian G. Wood, Dario Alfè, Eduardo R. Hernández, Matthias J. Gutmann, and Hazel A. Sparkese Acta Crystallogr B Struct Sci Cryst Eng Mater. 2014, 70(Pt 6), 948–962
  3. Ammonium Carbonate, Ammonium Bicarbonate, and Ammonium Carbamate Equilibria Nanping Wen and Murray H. Brooker J. Phys. Chem. 1995,99, 359-368
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy