Cookeilandse Māori
Cookeilandse Māori (Māori, Maori Kuki Airani, Māori Kūki 'Āirani) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Cookeilande, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland, vorm. Die teks van die Cookeilande se volkslied, Te Atua Mou E, is in Cookeilandse Māori.
Cookeilandse Māori Māori, Maori Kuki Airani, Māori Kūki 'Āirani | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Nieu-Seeland | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 26 710[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Oos-Polinesies Tahities Cookeilandse Māori | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nieu-Seeland | |
Gereguleer deur: | Kopapa Reo | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | rar
| |
ISO 639-3: | rar
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Taalkundiges klassifiseer Cookeilandse Māori as 'n Oos-Polinesiese taal wat nou verwant is aan Māori, een van die amptelike tale van Nieu-Seeland. Dit is ietwat minder verwant aan Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans.
Cookeilandse Māori word deur 26 710 mense gepraat. Cookeilandse Māori word soms eenvoudig Māori genoem wanneer dit nie nodig is om van Nieu-Seeland Māori te onderskei nie. 'n Ander bekende naam vir dié taal is Rarotongaans.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Cook Islands Māori" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 18 Februarie 2018.