FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962
Die sewende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Campeonato Mundial de Fútbol – Copa Jules Rimet Chile 1962; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 30 Mei tot 17 Junie 1962 in Chili aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Chili aangebied is en die derde in Suid-Amerika. Net twee jaar vroeër is die gasheer Chili deur die sterkste aardbewing ooit getref en daar is oorweg om dié toernooi na ’n ander land te skuif.
Campeonato Mundial de Fútbol – Copa Jules Rimet Chile 1962 | |
---|---|
Vlae van deelnemende lande | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Chili |
Datums | 30 Mei – 17 Junie |
Spanne | 16 (van 3 konfederasies) |
Stadions | 4 (in 4 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (2 titels) |
Tweede plek | Tsjeggo-Slowakye |
Derde plek | Chili |
Vierde plek | Joego-Slawië |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 32 |
Doele | 89 (2.78 per wedstryd) |
Bywoning | 893 172 (27 912 per wedstryd) |
Meeste punte | Garrincha Vavá Leonel Sánchez Dražan Jerković Flórián Albert Walentin Iwanof (4 doele elk)[1] |
Beste speler | Garrincha |
← 1958 1966 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Die verdedigende kampioen Brasilië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 3–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië het daarmee ná Italië in 1938 as tweede span daarin geslaag om sy titel suksesvol te verdedig. Die gasheer Chili het in die derde en Joego-Slawië in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Bulgarye en Colombia het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Toewysing
wysigChili is op 10 Junie 1956 in Lissabon deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962. Ander kandidaatlande was Argentinië en Wes-Duitsland, maar Wes-Duitsland het voor die stemming hulself onttrek. Nadat die vorige twee toernooie in Europa gehuisves is, het die sokkerverenigings van die Amerikas gedreig dat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 in Suid-Amerika moes plaasvind of deur hulle heeltemal geboikot sou word, soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.[2]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962[3] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Land | Rondte 1 | |||||
Chili | 32 | |||||
Argentinië | 11 |
Kwalifisering
wysigDie gasheer Chili en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer en drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika). Drie plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC (Asië) en UEFA, CAF (Afrika) en UEFA, asook tussen CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) en CONMEBOL beslis.
Dit was die laaste Sokker-Wêreldbekertoernooi waarvoor net nationale sokkerspanne van die Amerikas en Europa gekwalifiseer het.
Kwalifiserende spanne
wysigDie volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Argentinië | 4de | 2 | 1958 | Naaswenner (1930) |
Brasilië | 7de | 7 | 1958 | Kampioen (1958) |
Bulgarye | 1ste | 1 | – | Debuut |
Chili | 3de | 1 | 1950 | Groepfase (1930, 1950) |
Colombia | 1ste | 1 | – | Debuut |
Engeland | 4de | 4 | 1958 | Kwarteindrondte (1954) |
Hongarye | 5de | 3 | 1958 | Naaswenner (1938, 1954) |
Italië | 5de | 1 | 1954 | Kampioen (1934, 1938) |
Joego-Slawië | 5de | 4 | 1958 | Vierde plek (1930) |
Meksiko | 5de | 4 | 1958 | Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958) |
Sowjetunie | 2de | 2 | 1958 | Kwarteindrondte (1958) |
Spanje | 3de | 1 | 1950 | Vierde plek (1950) |
Switserland | 5de | 1 | 1954 | Kwarteindrondte (1934, 1938, 1958) |
Tsjeggo-Slowakye | 5de | 3 | 1958 | Naaswenner (1934) |
Uruguay | 4de | 1 | 1954 | Kampioen (1930, 1950) |
Wes-Duitsland | 5de | 3 | 1958 | Kampioen (1954) |
Stadions
wysigWedstryde is in die volgende stede gespeel:
Santiago de Chile |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 (Chili) |
Viña del Mar |
---|---|---|
Estadio Nacional | Estadio Sausalito | |
33°27′52″S 70°36′38″W / 33.46444°S 70.61056°W | 33°00′51.83″S 71°32′6.84″W / 33.0143972°S 71.5352333°W | |
Kapasiteit: 66 660 | Kapasiteit: 18 037 | |
Rancagua | Arica | |
Estadio Braden Copper Co. | Estadio Carlos Dittborn | |
34°10′39.95″S 70°44′15.79″W / 34.1777639°S 70.7377194°W | 18°29′15.47″S 70°17′56.96″W / 18.4876306°S 70.2991556°W | |
Kapasiteit: 18 000 | Kapasiteit: 17 786 | |
Formaat
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 is oor 19 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 30 Junie 1962 met vier gelyktydige wedstryde afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Nacional in Santiago de Chile op 17 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Tsjeggo-Slowakye, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[5]
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die kwarteindrondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 18 Januarie 1962 in die Carrera Hotel in Santiago de Chile gehou.
Groepfase
wysig16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sowjetunie | 3 | 2 | 1 | 0 | 8 | 5 | +3 | 5 |
Joego-Slawië | 3 | 2 | 0 | 1 | 8 | 3 | +5 | 4 |
Uruguay | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 6 | –2 | 2 |
Colombia | 3 | 0 | 1 | 2 | 5 | 11 | –6 | 1 |
30 Mei 1962 15:00 | ||||
Uruguay | 2–1 | Colombia | Estadio Carlos Dittborn, Arica Toeskouers: 7 908 Skeidsregter: Andor Dorogi (Hongarye) | |
Cubilla 56' Sasía 75' |
Verslag | 19' (straf) Zuluaga |
31 Mei 1962 15:00 | ||||
Sowjetunie | 2–0 | Joego-Slawië | Estadio Carlos Dittborn, Arica Toeskouers: 15 000 Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland) | |
Iwanof 51' Ponedelnik 83' |
Verslag |
2 Junie 1962 15:00 | ||||
Joego-Slawië | 3–1 | Uruguay | Estadio Carlos Dittborn, Arica Toeskouers: 8 829 Skeidsregter: Karol Galba (Tsjeggo-Slowakye) | |
Skoblar 25' (straf) Galić 29' Jerković 49' |
Verslag | 19' Cabrera |
3 Junie 1962 15:00 | ||||
Sowjetunie | 4–4 | Colombia | Estadio Carlos Dittborn, Arica Toeskouers: 8 040 Skeidsregter: João Etzel Filho (Brasilië) | |
Iwanof 8', 11' Tsjislenko 10' Ponedelnik 56' |
Verslag | 21' Aceros 68' Coll 72' Rada 86' Klinger |
6 Junie 1962 15:00 | ||||
Sowjetunie | 2–1 | Uruguay | Estadio Carlos Dittborn, Arica Toeskouers: 9 973 Skeidsregter: Cesare Jonni (Italië) | |
Mamjkin 38' Iwanof 89' |
Verslag | 54' Sasía |
7 Junie 1962 15:00 | ||||
Joego-Slawië | 5–0 | Colombia | Estadio Carlos Dittborn, Arica Toeskouers: 7 167 Skeidsregter: Carlos Robles (Chili) | |
Galić 20', 61' Jerković 25', 87' Melić 82' |
Verslag |
Groep 2
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Duitsland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 1 | +3 | 5 |
Chili | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 3 | +2 | 4 |
Italië | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 2 | +1 | 3 |
Switserland | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 8 | –6 | 0 |
30 Mei 1962 15:00 | ||||
Chili | 3–1 | Switserland | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Kenneth Aston (Engeland) | |
Sánchez 44', 55' Ramírez 51' |
Verslag | 6' Wüthrich |
31 Mei 1962 15:00 | ||||
Wes-Duitsland | 0–0 | Italië | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 65 440 Skeidsregter: Robert Holley Davidson (Skotland) | |
Verslag |
2 Junie 1962 15:00 | ||||
Chili | 2–0 | Italië | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 66 057 Skeidsregter: Kenneth Aston (Engeland) | |
Ramírez 73' Toro 87' |
Verslag |
3 Junie 1962 15:00 | ||||
Wes-Duitsland | 2–1 | Switserland | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 64 922 Skeidsregter: Leo Horn (Nederland) | |
Brülls 45' Seeler 59' |
Verslag | 73' Schneiter |
6 Junie 1962 15:00 | ||||
Wes-Duitsland | 2–0 | Chili | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 67 224 Skeidsregter: Robert Holley Davidson (Skotland) | |
Szymaniak 21' (straf) Seeler 82' |
Verslag |
7 Junie 1962 15:00 | ||||
Italië | 3–0 | Switserland | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 59 828 Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie) | |
Mora 1' Bulgarelli 65', 67' |
Verslag |
Groep 3
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 1 | +3 | 5 |
Tsjeggo-Slowakye | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 3 | –1 | 3 |
Meksiko | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 4 | –1 | 2 |
Spanje | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 3 | –1 | 2 |
30 Mei 1962 15:00 | ||||
Brasilië | 2–0 | Meksiko | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 10 484 Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland) | |
Zagallo 56' Pelé 73' |
Verslag |
31 Mei 1962 15:00 | ||||
Tsjeggo-Slowakye | 1–0 | Spanje | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 12 700 Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk) | |
Štibrányi 80' | Verslag |
2 Junie 1962 15:00 | ||||
Brasilië | 0–0 | Tsjeggo-Slowakye | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 14 903 Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk) | |
Verslag |
3 Junie 1962 15:00 | ||||
Spanje | 1–0 | Meksiko | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 11 875 Skeidsregter: Branko Tesanić (Joego-Slawië) | |
Peiró 90' | Verslag |
6 Junie 1962 15:00 | ||||
Brasilië | 2–1 | Spanje | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 18 715 Skeidsregter: Sergio Bustamante (Chili) | |
Amarildo 72', 86' | Verslag | 35' Adelardo |
7 Junie 1962 15:00 | ||||
Meksiko | 3–1 | Tsjeggo-Slowakye | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 10 648 Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland) | |
Díaz 12' Del Águila 29' Hernández 90' (straf) |
Verslag | 1' Mašek |
Groep 4
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Hongarye | 3 | 2 | 1 | 0 | 8 | 2 | +6 | 5 |
Engeland | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 3 | +1 | 3 |
Argentinië | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 3 | –1 | 3 |
Bulgarye | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 7 | –6 | 1 |
- Engeland het bo Argentinië geëindig weens doelverhouding.
30 Mei 1962 15:00 | ||||
Argentinië | 1–0 | Bulgarye | Estadio El Teniente, Rancagua Toeskouers: 7 134 Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje) | |
Facundo 4' | Verslag |
31 Mei 1962 15:00 | ||||
Hongarye | 2–1 | Engeland | Estadio El Teniente, Rancagua Toeskouers: 7 938 Skeidsregter: Leo Horn (Nederland) | |
Tichy 17' Albert 71' |
Verslag | 60' (straf) Flowers |
2 Junie 1962 15:00 | ||||
Engeland | 3–1 | Argentinië | Estadio El Teniente, Rancagua Toeskouers: 9 794 Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie) | |
Flowers 17' (straf) Charlton 42' Greaves 67' |
Verslag | 81' Sanfilippo |
3 Junie 1962 15:00 | ||||
Hongarye | 6–1 | Bulgarye | Estadio El Teniente, Rancagua Toeskouers: 7 442 Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje) | |
Albert 1', 6', 53' Tichy 8', 70' Solymosi 12' |
Verslag | 64' Asparuhof |
6 Junie 1962 15:00 | ||||
Hongarye | 0–0 | Argentinië | Estadio El Teniente, Rancagua Toeskouers: 7 945 Skeidsregter: Arturo Yamasaki Maldonado (Peru) | |
Verslag |
7 Junie 1962 15:00 | ||||
Engeland | 0–0 | Bulgarye | Estadio El Teniente, Rancagua Toeskouers: 5 700 Skeidsregter: Antoine Blavier (België) | |
Verslag |
Uitklopfase
wysigKwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
10 Junie – Arica | ||||||||||
Sowjetunie | 1 | |||||||||
13 Junie – Santiago de Chile | ||||||||||
Chili | 2 | |||||||||
Chili | 2 | |||||||||
10 Junie – Viña del Mar | ||||||||||
Brasilië | 4 | |||||||||
Brasilië | 3 | |||||||||
17 Junie – Santiago de Chile | ||||||||||
Engeland | 1 | |||||||||
Brasilië | 3 | |||||||||
10 Junie – Santiago de Chile | ||||||||||
Tsjeggo-Slowakye | 1 | |||||||||
Wes-Duitsland | 0 | |||||||||
13 Junie – Viña del Mar | ||||||||||
Joego-Slawië | 1 | |||||||||
Joego-Slawië | 1 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
10 Junie – Rancagua | ||||||||||
Tsjeggo-Slowakye | 3 | 16 Junie – Santiago de Chile | ||||||||
Hongarye | 0 | |||||||||
Chili | 1 | |||||||||
Tsjeggo-Slowakye | 1 | |||||||||
Joego-Slawië | 0 | |||||||||
Kwarteindrondte
wysig10 Junie 1962 14:30 | ||||
Chili | 2–1 | Sowjetunie | Estadio Carlos Dittborn, Arica Toeskouers: 17 268 Skeidsregter: Leo Horn (Nederland) | |
Sánchez 11' Rojas 29' |
Verslag | 26' Tsjislenko |
10 Junie 1962 14:30 | ||||
Tsjeggo-Slowakye | 1–0 | Hongarye | Estadio El Teniente, Rancagua Toeskouers: 11 690 Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie) | |
Scherer 13' | Verslag |
10 Junie 1962 14:30 | ||||
Brasilië | 3–1 | Engeland | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 17 736 Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk) | |
Garrincha 31', 59' Vavá 53' |
Verslag | 38' Hitchens |
10 Junie 1962 14:30 | ||||
Joego-Slawië | 1–0 | Wes-Duitsland | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 63 324 Skeidsregter: Arturo Yamasaki Maldonado (Peru) | |
Radaković 85' | Verslag |
Halfeindrondte
wysig13 Junie 1962 14:30 | ||||
Tsjeggo-Slowakye | 3–1 | Joego-Slawië | Estadio Sausalito, Viña del Mar Toeskouers: 5 890 Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland) | |
Kadraba 48' Scherer 80', 84' (straf) |
Verslag | 69' Jerković |
13 Junie 1962 14:30 | ||||
Brasilië | 4–2 | Chili | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 76 500 Skeidsregter: Arturo Yamasaki Maldonado (Peru) | |
Garrincha 9', 32' Vavá 47', 78' |
Verslag | 42' Toro 61' (straf) Sánchez |
Klein finale (om die derde plek)
wysig16 Junie 1962 14:30 | ||||
Chili | 1–0 | Joego-Slawië | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 67 000 Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje) | |
Rojas 90' | Verslag |
Eindstryd
wysig17 Junie 1962 14:30 | ||||
Brasilië | 3–1 | Tsjeggo-Slowakye | Estadio Nacional, Santiago de Chile Toeskouers: 68 679 Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie) | |
Amarildo 17' Zito 69' Vavá 78' |
Verslag | 15' Masopust |
Sokkerwêreldkampioen 1962 |
---|
Brasilië |
FIFA se terugwerkende ranglys
wysigIn 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1962-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Brasilië | 3 | 6 | 5 | 1 | 0 | 14 | 5 | +9 | 11 |
2 | Tsjeggo-Slowakye | 3 | 6 | 3 | 1 | 2 | 7 | 7 | ±0 | 7 |
3 | Chili | 2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 10 | 8 | +2 | 8 |
4 | Joego-Slawië | 1 | 6 | 3 | 0 | 3 | 10 | 7 | +3 | 6 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Hongarye | 4 | 4 | 2 | 1 | 1 | 8 | 3 | +5 | 5 |
6 | Sowjetunie | 1 | 4 | 2 | 1 | 1 | 9 | 7 | +2 | 5 |
7 | Wes-Duitsland | 2 | 4 | 2 | 1 | 1 | 4 | 2 | +2 | 5 |
8 | Engeland | 4 | 4 | 1 | 1 | 2 | 5 | 6 | −1 | 3 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Italië | 2 | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 2 | +1 | 3 |
10 | Argentinië | 4 | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 3 | −1 | 3 |
11 | Meksiko | 3 | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 4 | −1 | 2 |
12 | Uruguay | 1 | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 6 | −2 | 2 |
13 | Spanje | 3 | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 3 | −1 | 2 |
14 | Colombia | 1 | 3 | 0 | 1 | 2 | 5 | 11 | −6 | 1 |
15 | Bulgarye | 4 | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 7 | −6 | 1 |
16 | Switserland | 2 | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 8 | −6 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:[1]
|
|
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2021. Besoek op 7 Junie 2021.
- ↑ (en) "FIFA World Cup 1962 – Historical Football Kits". Historicalkits.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
wysig- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962. |
- (en) fifa.com: Chile 1962: Brazil retain crown
- (en) worldcup-history.com: Chile, 1962
- (en) rsssf.com: World Cup 1962