Shinzo Abe
Shinzo Abe (安倍 晋三 Abe Shinzō, IFA: [abe ɕin(d)zoː]; gebore 21 September 1954 – 8 Julie 2022) was 'n Japannese politikus en van 2012 tot 2020 premier van Japan en president van die Liberaaldemokratiese Party (LDP).
Shinzo Abe | |
Shinzo Abe in 2012 | |
Ampstermyn 26 Desember 2012 – 16 September 2020 | |
Vise | Tarō Asō |
---|---|
Monarg | Akihito Naruhito |
Voorafgegaan deur | Yoshihiko Noda |
Opgevolg deur | Yoshihide Suga |
Ampstermyn 26 September 2006 – 26 September 2007 | |
Monarg | Akihito |
Voorafgegaan deur | Junichiro Koizumi |
Opgevolg deur | Yasuo Fukuda |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 September 1954 Shinjuku, Tokyo, Japan |
Sterf | 8 Julie 2022 (op 67) Nara, Japan |
Eggenoot/-note | Akie Abe |
Op 28 Augustus 2020 kondig Abe sy uittrede weens gesondheidsredes aan.[1] Hy het lank reeds aan 'n chroniese inflammatoriese dermsiekte gely, wat veroorsaak het dat hy in 2007 ook skielik as premier moes bedank.[1] Nadat die siekte onder beheer gebring is, word hy in 2012 as premier herkies.[1] Abe word in 2019 die langsdienende premier van Japan.[1]
In Augustus 2020, het Abe sy hangende bedanking as premier aangekondig, met verwysing na 'n herlewing van sy ulseratiewe kolitis. Hy het tot 16 September 2020 in die amp aangebly, waarna die Kokkai geskeduleer was om sy opvolger te verkies, na aanleiding van die uitslag van 'n LDP-leierskapsverkiesing wat drie dae vantevore gehou is.[2]
Sluipmoord
wysigOp 8 Julie 2022 is Abe is van agter geskiet, terwyl hy 'n veldtogtoespraak in Nara gelewer het. Hy was na bewering na die voorval in 'n hartstilstand en het onmiddellik ná die skietery geen lewenstekens getoon nie.[3] Die polisie het die vermeende skieter, Yamagami Tetsuya, weens poging tot moord in hegtenis geneem.[4] Abe is toe na die hospitaal gejaag en is daar oorlede. Hy was 67 jaar oud.[5]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Japanse premier bedank weens swak gesondheid". Maroela Media. 28 Augustus 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2020. Besoek op 28 Augustus 2020.
- ↑ "Japan's Shinzo Abe steps down as PM due to health concerns". The Asahi Shimbun. 31 Augustus 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2020. Besoek op 31 Augustus 2020.
- ↑ "Former Japanese PM Shinzo Abe 'showing no vital signs' after attack". South China Morning Post.
- ↑ "Former Japanese PM Abe Shinzo shot in Nara, man in his 40s arrested". NHK World News -- Japan. NHK Broadcasting. Besoek op 8 Julie 2022.
- ↑ "Japan's NHK television says former Prime Minister Shinzo Abe has died after being shot during campaign speech". ABC News. 8 Julie 2022. Besoek op 8 Julie 2022.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Shinzo Abe.
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Hiroyuki Hosoda |
Hoof- Kabinetsekretaris 2005–2006 |
Opgevolg deur Yasuhisa Shiozaki |
Voorafgegaan deur Junichiro Koizumi |
Premier van Japan 2006–2007 |
Opgevolg deur Yasuo Fukuda |
Voorafgegaan deur Sadakazu Tanigaki |
Leier van die Opposisie 2012 |
Opgevolg deur Banri Kaieda |
Voorafgegaan deur Yoshihiko Noda |
Premier van Japan 2012–2020 |
Opgevolg deur Yoshihide Suga |
Party-politieke poste | ||
Voorafgegaan deur Junichiro Koizumi |
President van die Liberale Demokratiese Party 2006–2007 |
Opgevolg deur Yasuo Fukuda |
Voorafgegaan deur Sadakazu Tanigaki |
President van die Liberale Demokratiese Party 2012–2020 |
Opgevolg deur Yoshihide Suga |
Diplomatiese poste | ||
Voorafgegaan deur Angela Merkel |
Voorsitter van die Groep van Sewe 2016 |
Opgevolg deur Paolo Gentiloni |
Voorafgegaan deur Mauricio Macri |
Voorsitter van die Groep van 20 2019 |
Opgevolg deur Salman |