Gaan na inhoud

Silwermyn-natuurreservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Silwermyn Natuurreservaat)

Die Silwermyn-natuurreservaat vorm deel van die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit beslaan dele van die bergreeks van die Kaapse Skiereiland van Kalkbaaiberge tot by Constantiaberg. Hierdie gebied is 'n belangrike bewaringsgebied vir die inheemse fynbos.

Ou Kaapse Weg loop deur die reservaat en verdeel dit in 'n noordelike en suidelike deel. Die Silwermyn-reservoir op die noordelike deel is gebou in 1898 om water te voorsien aan Kaapstad. Die Suid-Afrikaanse Vloot se hoofkwartiere is op die lae hange van Silwermynberg.

Die laaste van die dennebome wat vroeër hier voorgekom het, is uitgehaal na 'n groot brand in die gebied in 2000. Die Silwermynrivier, wat begin in die reservaat en tot by Clovelly loop, is die enigste rivier in die Kaapse Skiereiland waarvan die hele loop nêrens deur 'n ontwikkelde gebied gaan nie.

Die gebied is gewild vir stap, piekniek en bergfietsry. Daar is sandsteengrotte in die reservaat en rotsklimroetes op Muizenberg.

ECHELON

[wysig | wysig bron]

Silwermyn is 'n voormalige stasie vir die versameling van inligting vir, onder andere, 'n projek genaamd ECHELON. Echelon was 'n hoogs geheime wêreldwye projek bedryf deur die Amerikaanse weermag. Die stasie is in 1969 gebou toe daar steeds groot samewerking was tussen die voormalige Suid-Afrikaanse regering en die VSA.

Silwermyn is strategies geplaas om 'n reusedeel van die Indiese en Atlantiese Oseaan te dek. Dit was veral bemoeid met inligting oor Russiese skepe en duikbote.

Foto's

[wysig | wysig bron]

Soos gebruiklik met die Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA) van die VSA is daar geen bordjies of enige tekens van identifikasie by die antennes nie.

Bronne

[wysig | wysig bron]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy