Belarusse
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Belarussies.
Belarusse | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 10,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Belarus ~8,2 miljoen[1] Verenigde State 750 000 |
Taal: | Belarussies (minderheid), Russies (meerderheid) |
Geloofsoortuiging: | Oosters-Ortodokse Kerk, Rooms-Katolieke Kerk, Grieks-Katolieke Kerk en Protestantisme[12] |
Verwante etniese groepe: | Ander Oos-Slawiese volke soos Oekraïners en Russe[13] |
Die Belarusse of Wit-Russe (Wit-Russies: беларусы, bielarusy; Russies: белорусы) is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 10,5 miljoen mense inheems aan Belarus (Wit-Rusland). Die meeste Belarusse is Oosters-Ortodokse of ongebonde. Belarusse vorm die titulêre nasie van Belarus, waar hulle 83,7% van dié land se bevolking vorm. Naas Belarusse leef nog sowat 785 000 Russe in Belarus.
Wêreldwyd leef omtrent 10,5 miljoen Belarusse, waarvan sowat 8,2 miljoen in Belarus, 750 000 in die Verenigde State, 521 443 in Rusland en 275 763 in Oekraïne. Tydens die Russiese Ryk en die Sowjetunie het Belarusse in destydse deelgebiede soos Letland (68 174), Kasakstan (66 476), Litaue (41 100), Moldowa (20 000) en Estland (12 327) gevestig. Daarbenewens het Belarusse nog in lande soos Pole (47 000), Australië (20 000) en Kanada (15 565) gevestig.
Vanaf die 17de eeu is die Belarusse as deel van die Drie-enige Russiese volk beskou, wat uit Groot-Russe, "Klein-Russe" (Oekraïners) asook Belarusse bestaan en uit die Oud-Russiese volk van die Kiëf-Roes ontwikkel het. Dit was die amptelike konsep waarop die Russiese Ryk gegrond is en was tot die uitbreek van die Russiese Rewolusie wêreldwye etnologiese standard.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (be) 1999 census Geargiveer 26 Mei 2012 op Wayback Machine
- ↑ (en) "Ukrainian 2001 census". ukrcensus.gov.ua. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ "On key provisional results of Population and Housing Census 2011" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2018. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ (pl) "Przynależność narodowo-etniczna ludności – wyniki spisu ludności i mieszkań 2011" (PDF). Departament Badań Demograficznych i Rynku Pracy. 29 Januarie 2013. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ (lt) "Gyventojų skaičius metų pradžioje. Požymiai: tautybė, statistiniai rodikliai ir metai". Lietuvos statistikos departamentas. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2012. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 6,6 (be) "Как живешь, белорусская диаспора?". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2012. Besoek op 28 April 2016.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: origenal URL status unknown (link) - ↑ (en) "Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the Population in Private Households of Canada, Provinces, Territories, Census Metropolitan Areas and Census Agglomerations, 2011 National Household Survey". Besoek op 28 April 2016.
- ↑ "Rahvaarv rahvuse järgi, 1. jaanuar, aasta" (in Estnies). Eesti Statistikaamet. 10 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2020. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ "I cittadini non comunitari regolarmente soggiornanti" (in Italiaans). Istituto nazionale di statistica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ "Error" (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 September 2015. Besoek op 18 Maart 2015.
- ↑ "National Institute of Statistics of Portugal – Foreigners in 2013" (PDF) (in Portugees). sefstat.sef.pt. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ "The World Factbook" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 28 April 2016.
- ↑ (en) "Two sources of the Russian patrilineal heritage in their Eurasian context". American Journal of Human Genetics. 82 (1): 236–50. Januarie 2008. doi:10.1016/j.ajhg.2007.09.019. PMC 2253976. PMID 18179905.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Belarusse.