Content-Length: 74294 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Cecil_Aronowitz

Cecil Aronowitz - Wikipedia Gaan na inhoud

Cecil Aronowitz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cecil Aronowitz
Gebore4 Maart 1916
King William’s Town, Suid-Afrika
Sterf7 September 1978
Ipswich, Engeland
GenresKlassiek
Beroep(e)Altviolis
InstrumenteViool
AssosiasiesAmadeus-kwartet

Cecil Aronowitz (1916–1978) was 'n Suid-Afrikaansgebore altviolis van Russies-Litause afkoms. In 1950 vorm hy die Melos Ensemble, wat tydens die première van Benjamin Britten se War Requiem debuteer. Britten het Curlew River (1964) en Lachrymae (1976) spesifiek vir hom gekomponeer. In 1976 lewer hy en sy vrou, die pianis Nicola Grunberg, die eerste openbare uitvoering van Dmitri Sjostakowitsj se "Sonate vir altviool en klavier" buite Rusland.[1]

Aronowitz is op 4 Maart 1916 in King William’s Town gebore. In 1933 begin hy viool by Stirling Robbins in Durban studeer.[2] Twee jaar later vertrek hy op 'n oorsese studiebeurs na Engeland om sy studies aan die Royal College of Music in Londen voort te sit. In 1939 is sy studies deur die Tweede Wêreldoorlog onderbreek en dien hy die volgende ses jaar in die weermag. Toe hy na Engeland teruggekeer, het hy na die altviool oorgeskakel.

Hy sterf op 7 September 1978 in Ipswich, Engeland nadat hy die vorige dag 'n beroerte tydens 'n opvoering gehad het.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. 2,0 2,1 Biography Geargiveer 28 Augustus 2008 op Wayback Machine detailed personal memories of Nicola Grunberg © 2004

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Cecil_Aronowitz

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy