Cortina d'Ampezzo
Kaart van Veneto | Wapen |
Vlag | |
Land | Italië |
Gewes | Veneto |
Provinsie | Belluno (BL) |
Koördinate | 46°32′N 12°08′O / 46.533°N 12.133°O |
Stigting | - |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 254,51 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 224 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2021) | 5 669 |
- Bevolkingsdigtheid | 22,3/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Gianpietro Ghedina |
Amptelike webwerf | Cortina d'Ampezzo |
Cortina d’Ampezzo (Ladinies: Anpëz of Anpezo; historiese Duitse naam: Hayden) is 'n stad en munisipaliteit in die Italiaanse provinsie Belluno (administratiewe gewes Veneto) met 'n bevolking van 5 669.
Die stad lê teen 'n hoogte van 1 211 meter bo seevlak in die Dolomiete-reeks (Ampezzaanse Alpe) en is die grootste nedersetting in Ladinia. As 'n bekende wintersportsentrum het Cortina d'Ampezzo as gasheerstad van die VIIde Olimpiese Winterspele van die jaar 1956 asook die Alpynse wêreldbekertoernooie van die jare 1932 en 1941 opgetree. Saam met Milaan sal Cortina d'Ampezzo tussen 6 en 22 Februarie 2026 ook die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele 2026 wees. Die stad word in ekonomiese en kulturele opsig deur die toerisme oorheers.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cortina d'Ampezzo.
- (en) Toerisme-inligting oor Cortina d'Ampezzo op Wikivoyage
- (it) Amptelike webwerf