Krieketwêreldbeker 1996
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1996 | |
Datums | 14 Februarie – 17 Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Indië Pakistan Sri Lanka |
Kampioen | Sri Lanka (1ste titel) |
Naaswenner | Australië |
Deelnemers | 12 (32 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 37 |
Speler van die reeks | Sanath Jayasuriya |
Meeste lopies | Sachin Tendulkar (523)[1] |
Meeste paaltjies | Anil Kumble (15)[2] |
← 1992 1999 → |
Die Krieketwêreldbeker 1996 (Engels: 1996 Cricket World Cup; Hindi: १९९६ क्रिकेट विश्व कप; Singalees: 1996 ක්රිකට් ලෝක කුසලානය; Tamil: 1996 துடுப்பாட்ட உலகக்கிண்ணம்; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1996ء) is van 14 Februarie tot 17 Maart 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka beslis. Dit was die sesde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede op die Indiese subkontinent. Indië en Pakistan het voorheen die 1987-toernooi gesamentlik gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy ITC Beperk geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Wêreldbeker 1996, genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut.
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1994 (Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 is 37 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[3]
Die toernooi is reeds voor die begin deur kontroverse geteister aangesien die spele in Sri Lanka tydens die burgeroorlog in dié land aangebied sou word. Die spanne van Australië en Wes-Indië het ná die Tamil Tigers se bomaanslag op die Sentrale Bank in Colombo in Januarie 1996 geweier om in Sri Lanka teen dié land se nasionale krieketspan te speel. Ná uitgebreide onderhandelinge het die Internasionale Krieketraad beslis dat albei wedstryde weens verbeuring aan Sri Lanka toegeken sal word. As gevolg van hierdie besluit het Sri Lanka regstreeks vir die kwarteindrondte gekwalifiseer voordat hulle hoegenaamd ’n wedstryd gespeel het.[4]
Sri Lanka het die eindstryd op Gaddafistadion in Lahore teen Australië met sewe paaltjies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm. Indië en Wes-Indië was die ander twee semi-finaliste. Die verdedigende kampioen en medegasheer Pakistan is in die halfeindstryd te Bangalore deur die aartsvyand Indië met 39 lopies geklop. Suid-Afrika het sy kwarteindstryd te Karatsji teen Wes-Indië met 19 lopies verloor. Die nasionale krieketspanne van Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Die IKR het die Krieketwêreldbeker 1996 toegewys aan Indië, Pakistan en Sri Lanka. Van die ander kandidaatlande was Engeland en Suid-Afrika.[5]
Deelnemers
[wysig | wysig bron]Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka (medegasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer. Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1994 gekwalifiseer.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Indië | Gashere | Sesde | 1992 | Kampioen (1983) | A |
Pakistan | Sesde | 1992 | Kampioen (1992) | B | |
Sri Lanka | Sesde | 1992 | Groepfase (1975, 1979, 1983, 1987, 1992) | A | |
Australië | Volle lede | Sesde | 1992 | Kampioen (1987) | A |
Engeland | Sesde | 1992 | Naaswenner (1979, 1987, 1992) | B | |
Nieu-Seeland | Sesde | 1992 | Halfeindrondte (1975, 1979, 1992) | B | |
Suid-Afrika | Tweede | 1992 | Halfeindrondte (1992) | B | |
Wes-Indië | Sesde | 1992 | Kampioen (1975, 1979) | A | |
Zimbabwe | Vierde | 1992 | Groepfase (1983, 1987, 1992) | A | |
Kenia | IKR-trofee 1994 | Eerste | – | Debuut | A |
Nederland | Eerste | – | Debuut | B | |
Verenigde Arabiese Emirate | Eerste | – | Debuut | B |
Stadions
[wysig | wysig bron]Indië het 17 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan 16 wedstryde op ses plekke en Sri Lanka vier wedstryde op drie plekke aangebied het.
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1996 is oor 33 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 37 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 1996 op Sardar Patel-stadion, Ahmedabad, Indië, met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op Gaddafistadion in Lahore, Pakistan, op 17 Maart met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die Wills Wêreldbeker ingepalm het.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1996 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
[wysig | wysig bron]Groep A | Groep B |
---|---|
Engeland |
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters
[wysig | wysig bron]’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Span | S | W | V | O | G | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 5 | 5 | 0 | 0 | 0 | +1.60 | 10 |
Australië | 5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.90 | 6 |
Indië | 5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.45 | 6 |
Wes-Indië | 5 | 2 | 3 | 0 | 0 | −0.13 | 4 |
Zimbabwe | 5 | 1 | 4 | 0 | 0 | −0.93 | 2 |
Kenia | 5 | 1 | 4 | 0 | 0 | −1.00 | 2 |
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dipak Chudasama, Kennedy Otieno, Steve Tikolo, Maurice Odumbe, Hitesh Modi, Thomas Odoyo, Tito Odumbe, Aasif Karim, David Tikolo, Martin Suji en Rajab Ali (almal Ken) het hul EDI-debuut gemaak.
- Sachin Tendulkar (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Sachin Tendulkar en Ajay Jadeja teken 163 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die vierde hoogste openingstelling met ’n honderdtal in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Asanka Gurusinha en Aravinda de Silva teken 172 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds derde hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mark Waugh (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Kennedy Otieno en Maurice Odumbe teken met 102 lopies die eerste Keniaanse 100-lopie-vennootskap in ’n EDI-wedstryd aan.
- Kennedy Otieno het met pyn op 82* van 166/3 tot 188/5 afgetree weens ’n spierspasma.
t
|
||
- geen loot nie
- Wes-Indië verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies.[6]
- Sri Lanka vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd was geskeduleer om op 25 Februarie gespeel te word. Dié wedstryd het begin, maar is ná 15.5 boulbeurte tydens Zimbabwe se kolfbeurt afgelas.
- Paul Strang (Zim) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[8]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mark Waugh (Aus) teken sy tweede agtereenvolgende krieketwêreldbekerhonderdtal aan en word die eerste speler wat daarin kon slaag.[7]
- Damien Fleming (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[8]
- Dit is Australië se eerste EDI-oorwinning oor Indië sedert die 1992-toernooi en sy eerste oorwinning oor Indië in Indië sedert die 1987-toernooi.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die erste EDI-oorwinning vir Kenia en die eerste EDI-nederlaag vir Wes-Indië teen ’n IKR-assosiaatlid.
- Dit is ook die vierde oorwinning in die EDI-geskiedenis deur ’n IKR-assosiaatlid (almal in krieketwêreldbekertoernooie).
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Australië vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Tien minute reënvertraging tydens die 39ste boulbeurt in die Indiese kolfbeurt, middagete-pouse verkort om verlore tyd te kompenseer.
- Sachin Tendulkar (Ind) teken sy tweede krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Sachin Tendulkar en Mohammad Azharuddin teken 175 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die sewende hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd vir enige span.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ricky Ponting (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Vinod Kambli (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Navjot Singh Sidhu en Vinod Kambli teken 142 lopies om die vierde paaltjie aan, die destyds derde hoogste Indiese vierde paaltjievennootskap in ’n EDI-wedstryd, die vierde hoogste Indiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die derde hoogste vierde paaltjievennootspap vir enige span in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
- Indië en Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Lameck Onyango (Ken) het sy EDI-debuut gemaak.
- Aravinda de Silva (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Sri Lanka teken die destyds hoogste EDI-telling aan en oortref Engeland se vorige 1992-rekord teen Pakistan – in 2006 oortref deur beide Australië en Suid-Afrika in dieselfde wedstryd. Tydens die 2007-toernooi teken Indië teen Bermuda ’n hoër krieketwêreldbekertelling aan.[9]
- Beide Aravinda de Silva en Arjuna Ranatunga teken in dieselfde kolfbeurt hul 5 000ste EDI-lopies aan en word die eerste twee Sri Lankaanse kolwers wat daarin kon slaag.
- Steve Tikolo teken met 96 lopies die destyds hoogste individuelle EDI-telling vir Kenia aan.
- Die 652 aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref die 626 lopies tussen Pakistan en Sri Lanka tydens die 1983-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Australië en Suid-Afrika tydens die 2007-toernooi.[10]
- Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep B
[wysig | wysig bron]Span | S | W | V | O | G | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 5 | 5 | 0 | 0 | 0 | +2.04 | 10 |
Pakistan | 5 | 4 | 1 | 0 | 0 | +0.96 | 8 |
Nieu-Seeland | 5 | 3 | 2 | 0 | 0 | +0.55 | 6 |
Engeland | 5 | 2 | 3 | 0 | 0 | +0.08 | 4 |
Verenigde Arabiese Emirate | 5 | 1 | 4 | 0 | 0 | −1.83 | 2 |
Nederland | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −1.92 | 0 |
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nathan Astle (NZ) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Nadat Mike Atherton uitgeboul is, het hy op die veld gebly en as ’n hardloper vir Graeme Hick (albei Eng) opgetree.
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ganesh Mylvaganam, Mohammad Aslam, Shaukat Dukanwala en Shahzad Altaf (almal Verenigde Arabiese Emirate) het hul EDI-debuut gemaak.
- Gary Kirsten (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Gary Kirsten teken met 188 lopies die destyds hoogste individuelle telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan en oortref Viv Richards (WI) se vorige rekord teen Sri Lanka tydens die 1987-toernooi – later oortref deur Chris Gayle (WI) tydens die 2015-toernooi.[11]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Nolan Clarke, Peter Cantrell, Flavian Aponso, Steven Lubbers, Roland Lefebvre, Tim de Leede, Klaas-Jan van Noortwijk, Marcel Schewe, Bas Zuiderent, Eric Gouka en Paul-Jan Bakker (almal Ned) het hul EDI-debuut gemaak.
- Dit is die eerste EDI-wedstryd vir Nederland.
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Craig White was nie in staat om sy tweede boulbeurt te voltooi nie weens ’n syspanning, dié boulbeurt is deur Neil Smith (albei Eng) voltooi. White waarskynlik vir die res van die toernooi vervang.
- Neil Smith het by 59/1 siek afgetree (nadat hy tydens die 13de boulbeurt op die veld opgooi).
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Floris Jansen (Ned) het sy EDI-debuut gemaak.
- Graeme Hick (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wedstryd verkort tot 47 boulbeurte per span weens swaar mis aan die begin van die wedstryd.
- Engeland en Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Die Verenigde Arabiese Emirate is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Steve Bucknor vervang Ian Robinson as skeidsregter in hierdie wedstryd ná protes deur Pakistan.
- Aamir Sohail (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
t
|
||
- Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide Robert van Oosterom (Ned) en Saeed-al-Saffar (Verenigde Arabiese Emirate) het hul EDI-debuut gemaak.
- Dit is die eerste amptelike EDI-wedstryd tussen twee IKR-assosiaatlede.
- Shaukat Dukanwala (VAE) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[8]
- Azhar Saeed en Saleem Raza teken 117 lopies om die eerste paaltjie aan, die eerste 100-lopie-paaltjievennootskap vir die Verenigde Arabiese Emirate.
- Saleem Raza teken met 84 lopies die destyds hoogste individuelle EDI-telling vir die Verenigde Arabiese Emirate.
- Dit is die eerste EDI-oorwinning vir die Verenigde Arabiese Emirate.
- Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dominic Cork tree op as ’n hardloper pleks van Robin Smith (albei Eng) vir dele van sy boulbeurt.
- Phillip DeFreitas en Alec Stewart vervang Fairbrother en Smith (almal Eng) op die veld.
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Andrew Hudson (RSA) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Gary Kirsten en Andrew Hudson teken 186 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds hoogste eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd, tiende hoogste EDI-paaltjievennootskap, vierde hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die hoogste Suid-Afrikaanse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[12]
- Peter Cantrell en Nolan Clarke teken 56 lopies om die eerste paaltjie aan, die hoogste Nederlandse eerste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd ooit – later geëwenaar teen Indië tydens die 2011-toernooi.[13]
- Dit is Suid-Afrika se tiende agtereenvolgende EDI-oorwinning.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wasim Akram is beseer tydens kolfwerk en kon nie boulwerk doen nie.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Kwarteindstryd | Halfeindstryd | Eindstryd | ||||||||
9 Maart – Faisalabad | ||||||||||
Engeland | 235/8 | |||||||||
13 Maart – Kalkutta | ||||||||||
Sri Lanka | 236/5 | |||||||||
Sri Lanka | 251/8 | |||||||||
9 Maart – Bangalore | ||||||||||
Indië | 120/8 | |||||||||
Indië | 287/8 | |||||||||
17 Maart – Lahore | ||||||||||
Pakistan | 248/9 | |||||||||
Sri Lanka | 245/3 | |||||||||
11 Maart – Karatsji | ||||||||||
Australië | 241/7 | |||||||||
Wes-Indië | 264/8 | |||||||||
14 Maart – Mohali | ||||||||||
Suid-Afrika | 245 | |||||||||
Wes-Indië | 202 | |||||||||
11 Maart – Madras | ||||||||||
Australië | 207/8 | |||||||||
Nieu-Seeland | 286/9 | |||||||||
Australië | 289/4 | |||||||||
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Sanath Jayasuriya en Asanka Gurusinha teken 101 lopies om die tweede paaltjie aan, Sri Lanka se destyds hoogste paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
- Dit is die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Sri Lanka vir die halfeindrondte kon kwalifiseer.
- Dit is ook die eerste keer in ’n krieketwêreldbeker dat Engeland nie vir die halfeindrondte kon kwalifiseer nie.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is Javed Miandad (Pak) se laaste EDI.
- Pakistan is vir ’n stadige boultempo beboet.
- Waqar Younis neem sy 200ste EDI-paaltjie.
- Dit is Pakistan se eerste neerlaag teen Indië sedert die 1992-toernooi.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Brian Lara (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Shivnarine Chanderpaul en Brian Lara teken 138 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste Wes-Indiese tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Beide Chris Harris (NZ) en Mark Waugh (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Lee Germon en Chris Harris teken 168 lopies om die vierde paaltjie aan, die destyds hoogste vierde paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en die hoogste Nieu-Seelandse paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd is deur die skeidsregter toegeken aan Sri Lanka toe die wedstryd as gevolg van die oproerige skare nie voortgesit kon word nie.[14]
- Sri Lanka kwalifiseer vir sy eerste krieketwêreldbekereindstryd.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Dit is die eerste keer dat Wes-Indië ’n halfeindstryd in ’n krieketwêreldbeker verloor.
- Dit is Richie Richardson (WI) se laaste EDI.
Eindstryd
[wysig | wysig bron]t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Mark Taylor en Ricky Ponting (albei Aus) teken 101 lopies om die tweede paaltjie aan, die destyds hoogste tweede paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekereindstryd.
- Aravinda de Silva (SL) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[7]
- Sri Lanka wen die Krieketwêreldbeker 1996 sonder ’n verlore wedstryd.[15]
- Sri Lanka word die eerste medegasheer wat ’n krieketwêreldbeker wen en die eerste land wat ’n krieketwêreldbekereindstryd wen nadat hulle tweede gekolf het.[16]
- Sri Lanka wen sy eerste krieketwêreldbeker nadat hulle slegs vier wedstryde in die vorige vyf krieketwêreldbekertoernooie kon wen.[17]
Krieketwêreldkampioen 1996 |
---|
Sri Lanka |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Finale puntestand
[wysig | wysig bron]Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1996.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | LD | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Sri Lanka | A | 8 | 8 | 0 | 0 | 1631 | 1349 | +282 | 16 | |
2 | Australië | A | 8 | 5 | 0 | 3 | 1686 | 1568 | +118 | 10 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Indië | A | 7 | 4 | 0 | 3 | 1544 | 1608 | –64 | 8 | |
4 | Wes-Indië | A | 7 | 3 | 0 | 4 | 1119 | 1172 | –53 | 6 | |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | B | 6 | 5 | 0 | 1 | 1545 | 1155 | +390 | 10 | |
6 | Pakistan | B | 6 | 4 | 0 | 2 | 1284 | 1268 | +16 | 8 | |
7 | Nieu-Seeland | B | 6 | 3 | 0 | 3 | 1520 | 1331 | +189 | 6 | |
8 | Engeland | B | 6 | 2 | 0 | 4 | 1293 | 1321 | –28 | 4 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Zimbabwe | A | 5 | 1 | 0 | 4 | 877 | 923 | –46 | −0.93 | 2 |
10 | Kenia | A | 5 | 1 | 0 | 4 | 960 | 1135 | –175 | −1.00 | 2 |
11 | Verenigde Arabiese Emirate | B | 5 | 1 | 0 | 4 | 784 | 1065 | –281 | −1.83 | 2 |
12 | Nederland | B | 5 | 0 | 0 | 5 | 947 | 1285 | –338 | −1.92 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
[wysig | wysig bron]Meeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records / Wills World Cup, 1995/96 / Most Runs". ESPNcricinfo. 17 Maart 1996. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records / Wills World Cup, 1995/96 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 17 Maart 1996. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "The 1996 World Cup in India, Pakistan and Sri Lanka – Sri Lanka's crowning glory". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "World Cup History: India's 1996 World Cup semi-final XI – Where are they now?". Sportskeeda. 18 Junie 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) K C Vijaya Kumar (11 Augustus 2017). "How the 1996 World Cup came to the sub-continent". The Hindu. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ 6,0 6,1 (en) "World Cup opens amid controversy over Australia and West Indies refusal to play in Sri Lanka". India Today. 13 Junie 2013. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ 7,00 7,01 7,02 7,03 7,04 7,05 7,06 7,07 7,08 7,09 7,10 7,11 7,12 7,13 7,14 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ 8,0 8,1 8,2 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Records / One-Day Internationals / Team records / Highest innings totals". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Highest match aggregates For World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "High scores For World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Highest partnerships for World Cup – Highest partnerships by runs". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Partnership records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "India vs Sri Lanka, Wills World Cup 1996 semifinal: A real shame". Sportstar. The Hindu. 13 Maart 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) Mike Selvey (18 Maart 1996). "Sri Lanka light up the world". The Guardian. Besoek op 20 Oktober 2024.
- ↑ (en) "World Cup 1996: Unfancied Sri Lanka's greatest sporting achievement". Sportstar. The Hindu. 8 Mei 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1996. |
- (en) The Wills World Cup, 1996
- (en) Wills World Cup, 1995/96
- (en) 1996 World Cup
- (en) Wills World Cup 1995/96 – Fixtures and Results
- (en) Wills World Cup Cricket 1996 op IMDb