Content-Length: 77601 | pFad | https://af.wikipedia.org/wiki/Zenerdiode

Zenerdiode - Wikipedia Gaan na inhoud

Zenerdiode

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Zenerdiode.

'n Zenerdiode is 'n spesiale tipe diode wat ontwerp is om stroom in die teenoorgestelde rigting (wanneer polariteite van diode omkeer) te laat vloei wanneer 'n sekere omgekeerde spanning, bekend as die Zenerspanning, bereik word.

Zenerdiodes word vervaardig met 'n groot verskeidenheid Zenerspannings en sommige is selfs verstelbaar. Sommige Zener-diodes het 'n skielike, sterk gedoteerde p–n-aansluiting met 'n lae Zener-spanning, in welke geval die omgekeerde geleiding plaasvind as gevolg van elektronkwantum tonnelvorming in die kort afstand tussen p en n gebiede. Dit staan bekend as die Zenerefek, vernoem na Clarence Zener.










ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/wiki/Zenerdiode

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy