Gaan na inhoud

Universiteit van Texas

Koördinate: 30°17′10″N 97°44′22″W / 30.28611°N 97.73944°W / 30.28611; -97.73944
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Sobaka (besprekings | bydraes) op 18:56, 26 Augustus 2024 (skakel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Die UT-toring.

Die Universiteit van Texas in Austin (UT Austin, UT, of bloot Texas) is 'n publieke navorsingsuniversiteit met 'n hoofkampus van meer as 50 000 studente, geleë in Austin, Texas.[1]

Die universiteit is gevestig in 1883, en word as 'n publike eikeliga-universiteit beskou. Die universteit is 'n reuse sentrum vir navorsing met 'n begroting van $679.8 miljoen in 2018. Dit het in 1929 aangesluit by die Assossiasie van Amerikaanse Universiteite. Die universiteit huisves sewe museums en sewentien biblioteke, insluitend die LBJ Presidentisiële Biblioteek asook die Blanton Museum van Kuns. Dit huisves ook die J. J. Pickle Navorsingskampus asook die McDonald sterrewag.

In sport kompeteer die universteitstudente as die Texas Longhorns. Die Langhorings het al meer titels gewen as enige ander instansie in die Amerikaanse Groot 12.

Die universiteit was teen 2020 verantwoordelik vir 13 Nobelprys wenners, meer as 25 Pulitzerprys wenners, 3 Turingprys wenners, 2 Fields-medalje wenners, 2 Wolfprys wenners, en 3 Abelprys wenners, 3 Spitstyd Emmy-toekenning wenners, en teen 2021, meer as 155 Olimpiese medaljes.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Facts & Figures | The University of Texas at Austin". www.utexas.edu. Besoek op 5 Mei 2022.
  2. "Texas Athletics completes Tokyo Olympics with 9 total medals, including 5 gold". University of Texas Athletics (in Engels). Besoek op 21 Augustus 2021.

30°17′10″N 97°44′22″W / 30.28611°N 97.73944°W / 30.28611; -97.73944

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy