1981 Suid-Afrikaanse Grand Prix
Wedrengegewens | ||
---|---|---|
Nie-kampioenskapsren in die 1981 Formule Een-seisoen | ||
Datum | 7 Februarie 1981 | |
Plek | Kyalami Transvaal, Suid-Afrika | |
Baan | Permanente renfasiliteit 4.104 km (2.550 mi) | |
Afstand | 77 rondtes, 316.008 km (196.358 mi) | |
Weer | Warm, maar nat en plek-plek droog | |
Voorste wegspringplek | ||
Bestuurder | Nelson Piquet | Brabham-Ford |
Tyd | 1:12.78 | |
Vinnigste rondte | ||
Bestuurder | Carlos Reutemann | Williams-Ford |
Tyd | 1:13.61 op rondte 72 | |
Podiumplekke | ||
Eerste | Carlos Reutemann | Williams-Ford |
Tweede | Nelson Piquet | Brabham-Ford |
Derde | Elio de Angelis | Lotus-Ford |
Die 1981 Suid-Afrikaanse Grand Prix was 'n Formule Libre-motorwedren wat op 7 Februarie 1981 op Kyalami gehou is.
Die wedren was oorspronklik geskeduleer om die eerste rondte van die 1981 FIA Formule Een wêreldkampioenskap te wees. Die voortslepende rusie tussen die Fédération Internationale du Sport Automobile (FISA) en die Formule Een Vervaardigersveniging (FOCA) het daartoe gelei dat FISA aangedring het op 'n datumverskuiwing wat nie aanvaarbaar was vir die Suid-Afrikaanse wedrenorganiseerders nie.[1] Goedkeuring is uiteindelik gegee vir die wedren om voort te gaan op sy oorspronklike datum, maar as 'n Formule Libre-ren in stede van 'n rondte van die Formule Een Wêreldkampioenskap. Die afgegradeerde wedren is ondersteun deur die spanne geaffilieer met FOCA, maar nie deur die vervaardigerspanne (Alfa Romeo, Ferrari, Ligier en Renault) nie, wie almal verbind was aan FISA. Die elf spanne teenwoordig se motors was toegerus met glykantrompe, aerodinamiese toestelle wat onwettig is in Formule Een vir 1981 maar aanvaarbaar onder Formule Libre regulasies. Die afwesigheid van die vervaardigerspanne het beteken dat al 19 motors in die wedren deur Ford Cosworthenjins aangedryf was.
Die wedren is uiteindelik deur Carlos Reutemann in 'n Williams gewen, met Nelson Piquet tweede in 'n Brabham en Elio de Angelis derde in 'n Lotus.
Wedrenuitslag
[wysig | wysig bron]Pos | Renjaer | Vervaardiger | Rondtes | Tyd/Uitval | Kwal.pos. |
---|---|---|---|---|---|
1 | Carlos Reutemann | Williams-Ford | 77 | 1.44:54.03 | 2 |
2 | Nelson Piquet | Brabham-Ford | 77 | + 20.2 | 1 |
3 | Elio de Angelis | Lotus-Ford | 77 | + 1:06.03 | 5 |
4 | Keke Rosberg | Fittipaldi-Ford | 76 | + 1 rondte | 4 |
5 | John Watson | McLaren-Ford | 76 | + 1 rondte | 15 |
6 | Riccardo Patrese | Arrows-Ford | 76 | + 1 rondte | 6 |
7 | Eddie Cheever | Tyrrell-Ford | 76 | + 1 rondte | 12 |
8 | Ricardo Zunino | Brabham-Ford | 75 | + 2 rondtes | 7 |
9 | Chico Serra | Fittipaldi-Ford | 75 | + 2 rondtes | 13 |
10 | Nigel Mansell | Lotus-Ford | 74 | + 3 rondtes | 8 |
11 | Derek Daly | March-Ford | 74 | + 3 rondtes | 17 |
DNF | Alan Jones | Williams-Ford | 62 | Syskort | 3 |
DNF | Marc Surer | Ensign-Ford | 58 | Battery | 14 |
DNF | Andrea de Cesaris | McLaren-Ford | 54 | Ongeluk | 9 |
DNF | Desiré Wilson | Tyrrell-Ford | 51 | Ongeluk | 16 |
DNF | Eliseo Salazar | March-Ford | 32 | Ratkas | 19 |
DNF | Jan Lammers | ATS-Ford | 16 | Remme | 10 |
DNF | Siegfried Stohr | Arrows-Ford | 12 | Enjin | 11 |
DNF | Geoff Lees | Theodore-Ford | 11 | Ongeluk | 18 |
Verwysing
[wysig | wysig bron]- ↑ "The one that didn't count" (in Engels). forix.autosport.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 12 Februarie 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Formula One World. URL besoek op 27 Januarie 2008.