Gaan na inhoud

Amerikaanse Leër

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Amerikaanse Leër
Seël van die Amerikaanse Leër
Seël van die Amerikaanse Leër
Seël van die Amerikaanse Leër
Gestig 14 Junie 1775[1][2]
Land Verenigde State van Amerika
Tipe Leër
Hoofkwartier Pentagon
Aantal lede 546 047 aktiewe personeel
559 244 Reserwe en Nasionale Wag personeel
1 105 301 totaal[3]
Kommandostruktuur Department van Oorlog (1789–1947)
Department van die Leër (1947–hede)
Mars The Army Goes Rolling Along
Kleur Swart en Goud         
Veldslae Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Amerikaanse Burgeroorlog
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog
Vlag van die Amerikaanse Leër
Kenteken van die Amerikaanse Leër

Die Amerikaanse Leër (Engels: United States Army, afgekort USA) is dié weermagdeel van die Verenigde State van Amerika, óf die Amerikaanse weermag, 'n deel van die Amerikaanse Gewapende magte wat primêr verantwoordelik is vir oorlogvoering op land.

Op 31 Desember 2010 het die Amerikaanse Leër 541 291 soldate op aktiewe diens, insluitend 75 500 vroue. Verder was daar 563 200 reserwesoldate (358 200 in die Nasionale Leërwag en 205 000 in die Amerikaanse Leërreserwemag).

Die voorloper van die Amerikaanse Leër, die Kontinentale Leër is op 14 Junie 1775 gestig, nog vóór onafhanklikheid, om te veg in die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog. Die Kontinentale Kongres stig die huidige Amerikaanse Leër aan die einde van die onafhanklikheidsoorlog op 3 Junie 1784 as vervanging vir die Kontinentale Leër.

Missie

[wysig | wysig bron]

Die Amerikaanse leër dien as die landtak van die Amerikaanse weermag. Artikel 3062 van titel 10, Amerikaanse kode, definieer die doel van die leër as:[4][5]

  • Die bewaring van die vrede en veiligheid en voorsiening vir die verdediging van die Verenigde State, die Statebond en besittings en enige gebiede wat deur die Verenigde State beset word.
  • Ondersteuning van die nasionale beleid.
  • Implementering van die nasionale doelstellings.
  • Die oorwinning oor nasies wat verantwoordelik is vir aggressiewe dade wat die vrede en veiligheid van die Verenigde State in gevaar stel.

In 2018 het die Leër Strategie 2018 'n addendum van 8 punte tot die Leër Visie vir 2028 verwoord.[6] Terwyl die leërmissie konstant bly, bou die leërstrategie voort op die modernisering van die leër se brigades deur die toevoeging van fokus aan korps- en afdelingsvlak.[6] Modernisering, hervorming vir konflik met hoë intensiteit en gesamentlike multidomeinbedrywighede word by die strategie gevoeg, wat teen 2028 voltooi moet wees.[6]

Die Leër se vyf kernbevoegdhede is vinnige en volgehoue landgevegte, gekombineerde wapenoperasies (om gekombineerde wapenmanoeuvre en wye gebiedsbeveiliging, gepantserde en gemeganiseerde operasies en lug- en lugaanvaloperasies in te sluit), spesiale operasies om die teater vir die gesamentlike mag, en om nasionale, multinasionale en gesamentlike mag op land te integreer.[7]

Organisasie

[wysig | wysig bron]

Dwarsdeur die geskiedenis van die VSA Leër is die grootte daarvan altyd verminder in tye van vrede. As dit nodig is, kan dit deur middel van vrywillige reserwes versterk word. Die spesifieke reëlings het deur die jare verander, maar het basies dieselfde gebly. Die VSA Leër bestaan uit 3 verskillende dele:

Staande Leër

[wysig | wysig bron]

Die staande leër bestaan uit voltydse professionele troepe wat permanent in diens is van die Amerikaanse regering. In 2019 het die staande leër 483 000 soldate gehad.[8]

Leërreserwe

[wysig | wysig bron]

Die leërreserwe bestaan uit deeltydse soldate wat normaalweg een keer per maand oefen tydens sogenaamde gevegsbyeenkomste. Daar is ook jaarlikse opleidingsessies van twee tot drie weke. Soldate in die leërreserwe val direk onder die federale regering en is oproepbaar. In 2019 was die totale mannekrag van die leërreserwe 335 000 soldate.[8]

Leër se Nasionale Wag

[wysig | wysig bron]

Soldate in die leër se nasionale wag is ook deeltyds en volg dieselfde opleidingskedule as die leërreserwes. Die groot verskil is dat die nasionale wag onder die staat val waarin die eenheid gestasioneer is en aan die onderskeie goewerneur verantwoording doen. Die president van die Verenigde State het egter die opsie om die nasionale wag onder federale gesag en in diens van die nasionale regering te plaas, selfs al is dit in stryd met die wense van die goewerneur. In 2019 was die totale getalle van die Leër se Nasionale Wag 190 000 soldate.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Wright, Jr., Robert K. (1983). The Continental Army (Army Lineage Series). Washington, DC: Center of Military History, United States Army. ISBN 978-0-16-001931-9. OCLC 8806011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 September 2014.
  2. (en) Maass, John R. "June 14th: The Birthday of the U.S. Army" Geargiveer 1 Oktober 2018 op Wayback Machine. U.S. Army Center of Military History. Besoek op 3 September 2014.
  3. (en) Department of the Army, Deputy Chief of Staff (Human Resources/G-1), "Army Demographics – FY12 Army Profile" Geargiveer 27 Maart 2014 op Wayback Machine (demographics brochure)
  4. DA Pamphlet 10-1 Organization of the United States Army; Figure 1.2 Military Operations.
  5. "10 USC 3062: Policy; composition; organized peace establishment". U.S. House of Representatives. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2013. Besoek op 21 Augustus 2013.
  6. 6,0 6,1 6,2 The Army Strategy 2018
  7. https://armypubs.army.mil/epubs/DR_pubs/DR_a/pdf/web/ARN18008_ADP-1%20FINAL%20WEB.pdf
  8. 8,0 8,1 8,2 Army end-strength goal gets bump this year, but growth to slow in the future. Besoek 2020-07-16, Kyle Rempfer, 2020-02-10, Army Times

Verdere leeswerk

[wysig | wysig bron]
  • "Desert Storm/Shield Valorous Unit Award (VUA) Citations". US Army Center of Military History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2014. Besoek op 26 Desember 2014.
  • Bailey, Beth. America's Army: Making the All-Volunteer Force (2009) ISBN 0674035364
  • Bluhm, Jr, Raymond K. (Editor-in-Chief); Andrade, Dale; Jacobs, Bruce; Langellier, John; Newell, Clayton R.; Seelinger, Matthew (2004). U.S. Army: A Complete History (Beaux Arts uitg.). Arlington, VA: The Army Historical Foundation. p. 744. ISBN 978-0-88363-640-4. {{cite book}}: |first= has generic name (hulp)
  • Chambers, John Whiteclay, ed. The Oxford Guide to American Military History (1999) aanlyn by baie biblioteke
  • Clark, J. P. Preparing for War: The Emergence of the Modern U.S. Army, 1815–1917 (Harvard UP, 2017) 336 pp.
  • Coffman, Edward M. The War to End All Wars: The American Military Experience in World War I (1998), 'n standaardgeskiedenis
  • Kretchik, Walter E. U.S. Army Doctrine: From the American Revolution to the War on Terror (University Press of Kansas; 2011) 392 pages; bestudeer militêre leerstellings in vier verskillende tydperke: 1779–1904, 1905–1944, 1944–1962 en 1962 tot nou.
  • Woodward, David R. The American Army and the First World War (Cambridge University Press, 2014). 484 pp. aanlyn oorsig
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy