Gaan na inhoud

Aviv Kochavi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aviv Kochavi
אביב כוכבי
Aviv Kochavi

Luitenant-generaal Aviv Kochavi

Geboortedatum 23 April 1964 (1964-04-23) (60 jaar oud)
Geboorteplek Kiryat Bialik
Lojaliteit Israel
Diens/Tak Tzahal (Israelse Weermag)
Jare in diens 1982-2023
Rang luitenant-generaal (Raf Aluf)

Aviv Kochavi, Hebreeus: אביב כוכבי , (gebore 23 April 1964) is 'n Israelse generaal. Hy was van 15 Januarie 2019 tot 16 Januarie 2023 die bevelvoerder van die Israelse Weermag (Ramatkal). Hy het Gadi Eisenkot opgevolg en is op sy beurt deur Herzi Halevi opgevolg.

Kochavi het in sy geboortedorp, Kiryat Bialik, opgegroei, 'n stad noordoostelik van Haifa.

In 1982 het hy in die militêre diens getree, by die valskermbrigade aangesluit en 'n offisier geword.

Hy het aan die Eerste en die Tweede Intifada deelgeneem, die oorloë in Libanon in 1982 en 2006 asook aan militêre operasies in die Gasastrook.

Kochavi was die bevelvoerder van verskeie eenhede. So was hy in 2005 die Gasa divisie se bevelvoerder gewees en het die divisie se operasies gelei. Van 2010 tot 2014 was hy die hoof van die militêre intelligensiediens Aman gewees, van 2014 tot 2017 van die noordelike kommando en van 2017 tot 2019 die weermag se adjunk-bevelvoerder.

Kochavi het filosofie aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem studeer. Hy het ook bestuurskunde aan die Harvard-universiteit en internasionale betrekkinge aan die Johns Hopkins-universiteit studeer.

Hy is getroud, het drie dogters en is 'n vegetariër.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy