Gaan na inhoud

Boogskutter (sterreteken)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Boogskutter (Sagittarius)
Die astrologiese simbool van die Boogskutter

Die Boogskutter (Lat: Sagittarius) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 22 November en 21 Desember gebore is. Dit is die negende teken van die Diereriem.

Die Boogskutter is een van die drie vuurtekens en vier beweeglike tekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Rot van die Sjinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Boogskutter is Jupiter.

Boogskutters kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander vuurtekens, Ram en Leeu, asook met Waterdraers en Weegskale.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Jou son- of sterreteken het betrekking op die stand van die Son tydens jou geboorte. Astroloë verdeel die Diereriem, die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg, in twaalf dele: die son- of sterretekens. Die "sterrebeelde" is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Boogschutter (astrologie)
  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy