Gaan na inhoud

El Tajín

Koördinate: 20°26′53″N 97°22′42″W / 20.44806°N 97.37833°W / 20.44806; -97.37833
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
El Tajín, Voor-Spaanse Stad*
Unesco-wêrelderfenisterrein

El Tajín
Ligging van El Tajín op 'n kaart (Meksiko)
El Tajín
El Tajín
Ligging van El Tajín in Meksiko
Koördinate: 20°26′53″N 97°22′42″W / 20.44806°N 97.37833°W / 20.44806; -97.37833
Lande Vlag van Meksiko Meksiko
Tipe Kultuur
Kriteria iii, iv
Verwysings 631
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1992  (16de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

El Tajín (Spaans-Totonaaks vir "die blits") is 'n argeologiese terrein in die deelstaat Veracruz net noordwes van die hawestad Veracruz in die ooste van Meksiko. El Tajín het vermoedelik as hoofstad van die Tachiwin (Nahuatl: Totonake) gedien, bevat verskeie groot, piramidale ziggoerate en is 800 jaar gelede reeds heeltemal verlaat. El Tajín is veral bekend vir die Piramide van die nisse (Piramide de los Nichos),[1] wat 25 m hoog en 1 225 m² groot is. Die piramide bestaan uit 365 nisse, wat waarskynlik 'n sonjaar gesimboliseer het.[2] El Tajín is ook bekend vir die vlieënde dansers, wie 'n ou vrugbaarheidsritueel van die Totonake vertoon, die Danza del Volador.

Ligging van El Tajín binne ander plekke uit die Klassieke tydperk van Meso-Amerika

El Tajín is vermoedelik in die 1ste eeu v.C. deur Totonake gestig en het vermoedelik ook as hul hoofstad gedien. El Tajín was aan die god van die winde, Huracán, en dié van die blitse, Tajín, na wie die stad genoem is, gewy. Die stad het sy bloeitydperk tussen 700 en 900 n.C. beleef. Omstreeks 1200 is die stad weer verlaat en die verval prysgegee. Daar word aangeneem dat die Tolteke 'n tyd lank oor die stad geheers het.

In 1785 is die stad deur die Spanjaard Diego Ruiz herontdek, nadat Spaanse conquistadores die gebied vermoedelik reeds in die 16de eeu bereik het.[3] In die vroeë 19de eeu het Pietro Márquez, Guillermo Dupaix, Alexander von Humboldt (1811) en Carl Nebel El Tajín besoek. In 1934 het eerste uitgrawings plaasgevind. Minder as 'n kwart van die terrein is tans uitgegrawe en daar word verwag dat net die helfte van die stad bekend is.[4]

Die Voor-Spaanse stad van El Tajín is in 1992 weens sy unieke argitektuur binne Meso-Amerika deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Wilkerson, S. Jeffery K. (1987). El Tajin: A Guide for Visitors. p. 12. ISBN 968-499-293-9.
  2. (en) Wilkerson, S. Jeffery K. (1987). El Tajin: A Guide for Visitors. pp. 72–73. ISBN 968-499-293-9.
  3. (en) Wilkerson, S. Jeffery K. (1987). El Tajin: A Guide for Visitors. p. 13. ISBN 968-499-293-9.
  4. "The Photography of Nicolas Sapieha: El Tajin" (in Engels). Archaeology.org. 13 Februarie 1998. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2012. Besoek op 11 Maart 2015.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) Wilkerson, S. Jeffery K. (1987). El Tajin: A Guide for Visitors. ISBN 968-499-293-9.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy