Gaan na inhoud

Fita

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cyrilliese letter Ѳ
Cyrilliese alfabet
А Б В Г Ґ Д Ђ
Ѓ Е Ё Є Ж Ѕ З
И І Ї Й Ј К Л
Љ М Н Њ О П Р
С Т Ћ Ќ У Ў Ф
Х Ц Ч Џ Ш Щ Ъ
Ы Ь Э Ю Я    
Ou letters
Ҁ Ѹ Ѡ Ѻ Ѿ Ѣ  
Ѥ Ѧ Ѫ Ѩ Ѭ Ѯ Ѱ
Ѵ Ѷ Ѳ        

Ѳ (kleinletter: ѳ) is ’n letter van die Ou Cyrilliese alfabet wat nie meer gebruik word nie. Dit is afgelei van die Griekse letter theta (Θ θ). Dit het ook die syferwaarde 9 gehad.

In tradisionele Kerkslawies is die middelste lyn sowat twee keer so wyd as die hoofdeel van die letter en lyk dit soos by die letter T: . Soms was die lyn so laag as die onderste lyn van die letter Д en dit het baie leesprobleme veroorsaak. By sekere lettertipes was die lyn binne-in die "O".

Die tradisionele naam van die letter was fita (Russies: фита́, of voor 1918 ѳита́). Fita is hoofsaaklik gebruik in Griekse leenwoorde. Die Russiese uitspraak was /f/ (in plaas van /θ/ soos in die Engelse woord thin). "Theodore" is byvoorbeeld uitgespreek as "Feodor" (nou "Fjodor"). In baie Russiese woorde is die letter egter uitgespreek as /t/, soos in театръ (teatr vir die Engelse theatre), атлетъ (atljet vir die Engelse athlete), ens.

In die meeste ander Slawiese tale is die letter uitgespreek as /t/. In Bulgaars, Serwies en Masedonies is Theodore byvoorbeeld Тодор (Todor) of Теодор (Teodor).

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy