Gaan na inhoud

Goudvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Goudvis
Gedomestikeerd
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Carassius
Spesie:
C. auratus
Binomiale naam
Carassius auratus
(Linnaeus, 1758)

Die goudvis (Carassius auratus) is een van die eerste visse wat deur die mens mak gemaak is, en bly steeds een van die gewildste akwariumvisse. Goudvisse is deel van die karpfamilie (wat ook die koikarp en die krapkarp insluit).

Goudvisse kan tot 59 cm lank word en tot 4,5 kg weeg, al word die meeste goudvisse nie so lank of so swaar nie. In ideale toestande kan 'n goudvis ongeveer 20 jaar oorleef (die wêreldrekord is 49 jaar).

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Gedurende die Tang-dinastie in China was dit die mode om karpvisse in skoudamme aan te hou en gevolglik het 'n mutasie ontstaan wat die visse 'n goue kleur gegee het. Mense het toe begin om met die visse te teel en hulle in terracottapotte te plaas. In 1502 is goudvisse in Japan bekendgestel, waar nog subspesies geteel is. Goudvisse is in 1874 in die VSA bekendgestel en van toe af het hulle gewildheid toegeneem.

Variasies

[wysig | wysig bron]

Deur inteling oor die eeue het verskeie variasies ontstaan. Sekere goudvisspesies kan net in akwariums leef (soos die teleskoopoog), maar ander goudvisse (soos die komeet) is baie sterk en swem vinnig (soortgelyk aan die koikarp).

'n Goudvisakwarium.

Verspreiding in Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]

Die vis kom wild voor in die Kaapse Vlakte-area, Breederivier naby Robertson, die Baakensrivier in Gqeberha en Grahamstad, Apiesrivier in Pretoria, Umsinduzirivier in Pietermaritzburg en die Chinhoyi-grotte in Zimbabwe.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die vis verkies stil plekke wat plantegroei bevat, en oorleef goed in visdammetjies in tuine. Hulle is omnivore en vreet organiese afsaksels, detritus en ongewerweldes. Die wyfieeiers in die plantegroei wat onderwater is.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy