Gaan na inhoud

Guy Butler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Guy Butler
Guy Butler as 2de lt. in die Tweede Wêreldoorlog
Guy Butler as 2de lt. in die Tweede Wêreldoorlog
Gebore21 Januarie 1918
Cradock
Sterf26 April 2001
Grahamstad
BeroepDigter, dramaturg, akademikus
NasionaliteitSuid-Afrika
EggenootJean
OuersErnest en Alice Butler

Guy Butler (1918–2001) was ’n Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus. Sy dramas sluit in The Dam, Take Root or Die en Cape Charade. Onder sy digbundels tel Stranger to Europe, South of the Zambezi en Songs and Ballads. Hy is ook bekend vir sy driedelige outobiografie: Karoo Morning, Bursting World en A Local Habitation.[1]

Lewensloop

[wysig | wysig bron]
Butler se gesin in 1924, van links: Christine, Ernest, Jeffrey, Dorothy, Alice, Guy en Joan.

Guy Butler is op 21 Januarie 1918 in Cradock gebore. In 1938 verwerf hy 'n MA-graad aan die Rhodes-universiteitskollege in Grahamstad. Hy trou in 1940 met Jean Satchwell en verlaat Suid-Afrika om in die Tweede Wêreldoorlog te veg. Ná die oorlog studeer hy aan die Universiteit van Oxford, vanwaar hy in 1947 gradueer.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika doseer hy Engels aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 1951 keer hy as 'n senior lektor na Rhodes-universiteit terug. 'n Jaar later word hy 'n professor en die hoof van die Engelse departement. Hy het tot sy aftrede in 1987 daar gewerk, waarna hy as emeritus professor en ere-navorsingsgenoot aangestel is. Hy het eredoktorsgrade van die Universiteit van Natal, die Universiteit van die Witwatersrand en die Rhodes-universiteit ontvang. Hy het die Amazwi Suid-Afrikaanse Literatuur Museum in 1972 gestig.

Butler is in 26 April 2001 in Grahamstad oorlede.[2] Die hoofteater van die Nasionale 1820-Setlaarsmonument in Grahamstad is na hom genoem.[3] So ook die universiteitskoshuis Guy Butler House.[4]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Dramas

[wysig | wysig bron]
  • The Dam
  • The Dove Returns
  • Demea: A Play. New Africa Books. 1990. ISBN 978-0-86486-169-6. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Richard Gush of Salem. M. Miller. 1982. ISBN 978-0-623-01385-4. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Take Root Or Die. A. A. Balkema. 1970. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Cape Charade
  • Kaatjie Kekkelbek

Digbundels

[wysig | wysig bron]

Outobiografiese werke

[wysig | wysig bron]

Ander werke

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Guy Butler dies". News24. 27 April 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2019. Besoek op 19 Augustus 2015.
  3. "Guy Butler Theatre". The Grahamstown Foundation (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2018. Besoek op 17 Julie 2015.
  4. "Rhodes University – Guy Butler House". ru.ac.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 17 Julie 2015.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy