Gaan na inhoud

Hipnos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hipnos
Griekse god
Hipnos en Tanatos: Sleep and His Half-Brother Death, deur John William Waterhouse.
Hipnos en Tanatos: Sleep and His Half-Brother Death,
deur John William Waterhouse.
God van Slaap
Romeinse ekwivalent Somnus
Simbole Papawer, populier
Blyplek Onderwêreld
Ouers Nyx en Erebus
Broers, susters Tanatos, Nemesis, Eris,
Apate, Kloto, Atropos
en baie ander
Vrou Pasitea

Hipnos was in die Griekse mitologie die god van slaap. Sy ekwivalent in die Romeinse mitologie was Somnus. Van Hipnos se naam is die woord "hipnose" afgelei.[1]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Hipnos is die seun van Nyx ("Nag") en Erebus ("Donkerte"). Sy broer is Tanatos ("Dood"). Albei broers woon in die onderwêreld (Hades) of in Erebus, ’n ander vallei van die Griekse onderwêreld. Vlgens gerugte woon Hipnos in ’n groot grot, waaruit die rivier Lethe ("Vergeetagtigheid") kom en waar dag en nag ontmoet. Geen lig of klank kom ooit by sy grot in nie.

Volgens Homeros woon hy op die eiland Lemnos, wat later beweer is sy eie droomeiland was. Hy is glo ’n kalm en sagte god, want hy help mense wat hulp nodig het en besit die helfte van hulle lewe vanweë hulle slaap.[2][3]

Hipnos se vrou is Pasitea, een van die jonger Grasieë, en is aan Hipnos belowe deur Hera, die godin van huwelike en geboortes. Pasitea is die godin van hallusinasie en ontspanning.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. James H. Mantinband. Concise Dictionary of Greek Literature. New York: Philosophical Library, 1962.
  2. Wilhelm Vollmer: Wörterbuch der Mythologie aller Völker. Reprint-Verlag, Leipzig 2003 (nuwe uitg.), ISBN 3826222008, bl. 263.
  3. Scott C. Littleton: Gods, Goddesses, and Mythology, Volume 4. Marshall Cavendish/Tarrytown, New York (US) 2005, ISBN 076147563X, ble. 474–476.

Skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy