Gaan na inhoud

Incheon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Incheon
인천광역시

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
 Streek Sudogwon
 Koördinate 37°29′N 126°38′O / 37.483°N 126.633°O / 37.483; 126.633
 Stigting 1883
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 062,63 vk km
 Hoogte bo seevlak 15 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 2 954 955
 - Bevolkingsdigtheid 2 800/vk km
 Tydsone UTC +9 (KST)
 Burgemeester Park Nam-choon
 Amptelike webwerf incheon.go.kr

Incheon (Koreaans: 인천광역시, [intɕʰʌ̹n], letterlik: "vriendelike rivier") is die derde grootste stad naas die hoofstad Seoel en Busan in die noorde van Suid-Korea en is in die weste van die Koreaanse Skiereiland geleë. Die stad het 'n bevolking van 2 954 955 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 062,63 km².

Kaart van Incheon in 1930

Die stad is aan die Geelsee geleë en grens in die noorde aan Noord-Korea. Dit is die belangrikste lughawestad van Suid-Korea en huisves die reuse Incheon Internasionale Lughawe, wat die hoofstad Seoel bedien. Die lughawe het 'n gholfbaan, 'n spa, private slaapkamers, ysskaatsbaan, 'n kasino, binnenshuise tuine en 'n museum van die Koreaanse kultuur. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy