Gaan na inhoud

Kolossense

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die brief aan die Kolossense is die 12de boek in die Nuwe Testament van die Bybel. Die brief, aan die kerk in Kolosse, 'n Frigiese stad sowat 160 km van Efese, kom gedeeltelik ooreen met dié aan die Efesiërs. Daar is ooreenkoms in die omstandighede waarin dit geskryf is, in gevangeskap en ook in die inhoud. Dit blyk dat dwaalleraars die gemeente verwar het. Volgens hulle dwaalleer word daar 'n belangrike funksie toegeken aan geestelike magte en die mens moet hulle oorwin deur wettiese godsdienstige reëls na te kom. Die brief beklemtoon dat hulle nie die mens se sondige drifte beheers nie. Verlossing word alleen deur die kruisdood van God se Seun verkry. Die gelowiges is lede van een liggaam, die kerk, waarvan Christus die hoof is, en hulle moet mekaar liefhê. Die liefde bind hulle saam tot volmaakte eenheid.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy