Gaan na inhoud

Mississauga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Mississauga

Kaart Wapen
Vlag
 Land Kanada
 Provinsie Ontario
 Koördinate 43°36′N 79°39′W / 43.600°N 79.650°W / 43.600; -79.650
 Stigting 1968 (as 'n dorp)
 Inkorporasie 1974
(City of Mississsauga)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 288,42 vk km
 Hoogte bo seevlak 173 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011-sensus) 713 443
 - Bevolkingsdigtheid 2 439,9/vk km
 - Metropolitaanse gebied 5 113 149 (Toronto CMA)
 Tydsone UTC -5 (Oostelike tyd)
 Burgemeester Hazel McCallion
 Amptelike Webwerf www.mississauga.ca

Mississauga [ˌmɪsɪˈsɑgə] is 'n stad in die Streeksmunisipaliteit Peel van die Kanadese provinsie Ontario en met 713 443 inwoners (volgens die sensus van 2011) die sesde grootste munisipaliteit in die land. Mississauga, wat in 1974 as 'n stad geïnkorporeer is, maak deel uit van die metropolitaanse gebied van Groter Toronto en word deur 'n vinnige bevolkingsgroei gekenmerk - sy bevolking het in elkeen van die laaste twee dekades bykans verdubbel. Hierdie groei is aan Mississauga se ligging naby die stadsgebied van Toronto te danke.

Die internasionale lughawe van Toronto, Lester B. Pearson International Airport, is hoofsaaklik in die stadsgebied van Mississauga geleë. Sy sentrale besigheidsdistrik, een van die grootstes in die land, behels die Kanadese hoofkwartiere van multinasionale maatskappye soos Microsoft, Pepsico, General Electrics, Fujitsu en Wal Mart, asook baie ander ondernemings wat as Fortune 500-maatskappye gelys word.

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy