Gaan na inhoud

Mitridates I van Partië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mitridates I
𐭌𐭄𐭓𐭃𐭕
Koning van konings, arsakes, filhelleen
Mitridates I se portret op die voorkant van 'n tetradragme. Hy het 'n baard en dra 'n Hellenistiese koninklike kopband.
Koning van die Partiese Ryk
Heerskappy171-132 v.C.
VoorgangerFraates I
OpvolgerFraates II
Oorlede132 v.C.
DinastieArsakiede
VaderPriapatius
ReligieZoroastrisme

Mitridates I (Parties: 𐭌𐭄𐭓𐭃𐭕, Mihrdāt), ook bekend as Mitridates die Grote,[1] was van 171 tot 132 v.C. die Arsakidiese koning van die Partiese Ryk.

Gedurende sy bewind is Partië omskep van 'n klein koninkryk tot 'n groot politieke mag in die antieke Nabye Ooste danksy sy oorwinnings.[2] Hy het eers iewers in 163-155 v.C. Aria, Margiana en Wes-Baktrië verower en toe, in 'n oorlog met die Seleukidiese Ryk, Medië en Atropatene. In 141 v.C. het hy Babilonië verower en 'n amptelike inhuldigingseremonie in Seleukië gehou. Die koninkryke Elymais en Charakene het kort daarna Partiese vasale geword.

Mitridates I was die eerste Partiese koning wat die antieke Achaemenidiese titel koning van konings aangeneem het. Dansy sy suksesse is hy al vergelyk met Kores die Grote (bewind: 550-530 v.C.), stigter van die Achaemenidiese Ryk.[3] Mitridates I is in 132 v.C. dood; hy is opgevolg deur sy seun Fraates II.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Daryaee 2012, p. 169.
  2. Frye 1984, p. 211.
  3. Katouzian 2009, p. 41.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Daryaee, Touraj (2016). "From Terror to Tactical Usage: Elephants in the Partho-Sasanian Period". In Curtis, Vesta Sarkhosh; Pendleton, Elizabeth J.; Alram, Michael; Daryaee, Touraj (reds.). The Parthian and Early Sasanian Empires: Adaptation and Expansion. Oxbow Books. ISBN 9781785702082.
  • Frye, Richard Nelson (1984). The History of Ancient Iran. C.H.Beck. pp. 1–411. ISBN 9783406093975.
  • Katouzian, Homa (2009), The Persians: Ancient, Medieval, and Modern Iran, New Haven & Londen: Yale University Press, ISBN 978-0-300-12118-6 
Voorganger
Fraates I
Mitridates I Opvolger
Fraates II

Skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy