Gaan na inhoud

Oosgrens-Afrikaans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Oosgrens-Afrikaans het ontstaan vanweë die afsondering van die taalgemeenskap van mense aan die oosgrens van die Kaap. Uit die taalgemeenskap het die Voortrekkers ook gekom wat met Voortrekker-Afrikaans die taalvariant saamgeneem het tot in die binneland van Suid-Afrika. Geografies word die Afrikaanse dialekte in drie hoofgroepe verdeel: Kaapse Afrikaans, Oosgrens-Afrikaans en Oranjerivier-Afrikaans.[1]

Oosgrens-Afrikaans vorm die basis van Standaardafrikaans, dit word hoofsaaklik in die ooste van die voormalige Nederlandse Kaapkolonie gepraat, 'n gebied wat nou die weste van die Oos-Kaapse provinsie van Suid-Afrika vorm.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (af) Blant annet: Van Rensburg, M.C.J. 1984. Die Afrikaans van Griekwas in die tagtigerjare. Pretoria: RGN-rapport.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy