Gaan na inhoud

Patrick Soon-Shiong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Patrick Soon-Shiong spreek afgevaardigdes toe by die 2014 NHS Konfederasie konferensie

Patrick Soon-Shiong (gebore 29 Julie 1952) is 'n Chinees-Suid-Afrikaanse oorplantingchirurg, miljardêr-sakeman, biowetenskaplike en media-eienaar. Hy is die uitvinder van die middel Abraxane, wat bekend geword het vir sy doeltreffendheid teen long-, bors- en pankreaskanker. Soon-Shiong is die stigter van NantWorks, 'n netwerk van gesondheidsorg-, biotegnologie- en kunsmatige intelligensie-beginonderneming; [1] 'n adjunkprofessor in chirurgie en uitvoerende direkteur van die Wireless Health Institute aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles; en 'n besoekende professor by Imperial College London en Dartmouth College.[2][3][4] Soon-Shiong het meer as 100 wetenskapartikels gepubliseer en het meer as 230 patente wêreldwyd verkry oor vooruitgang wat oor talle velde in tegnologie en medisyne strek.[4]

Soon-Shiong is die voorsitter van drie nie-vir-winsorganisasies: die Chan Soon-Shiong Family Foundation, wat daarop gemik is om navorsing te befonds en ongelykhede in toegang tot gesondheidsorg en onderwys uit te wis;[5] die Chan Soon-Shiong Institute for Advanced Health, wat gefokus is op die verandering van die manier waarop gesondheidsinligting gedeel word;[6] en die Healthcare Transformation Institute, 'n vennootskap met die Universiteit van Arizona en die Arizona Staatsuniversiteit.[1]

Hy is sedert 2010 'n minderheidseienaar van die Los Angeles Lakers, en sedert Junie 2018 die eienaar en uitvoerende voorsitter van die Los Angeles Times en The San Diego Union-Tribune.[7] Gedurende April 2021 het Forbes Soon-Shiong se netto waarde as VS$11,5 miljard geskat.[8] Hy het hom verbind tot die Giving Pledge en het belowe om ten minste die helfte van sy rykdom aan filantropie te skenk.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Moukheiber, Zina (10 November 2011). "Billionaire Patrick Soon-Shiong Wants To Remake The U.S. Health Care System" (online). Forbes. Besoek op 20 November 2016.
  2. Biographies providing these details include "Patrick Soon-Shiong, M.D." UCLA Engineering. UCLA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2015. Besoek op 3 April 2015., Soon-Shiong, P. (2015). "Patrick Soon Shiong". Institute for Technology Advancement. UCLA Engineering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2015. Besoek op 5 November 2015., and Soon-Shiong, P. (2008). "Curriculum Vitae. Patrick Soon-Shiong, M.D., MSc, FRCS(C), FACS" (PDF). INC5. California NanoSystems Institute. Besoek op 4 November 2015.
  3. Biographies providing these details include Soon-Shiong, P. (2016). "Patrick Soon-Shiong, M.D., FRCS (C), FACS". NantKwest.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2016. Besoek op 21 November 2016.
  4. 4,0 4,1 "LA 500: Patrick Soon-Shiong". Los Angeles Business Journal.
  5. 5,0 5,1 "Chan Soon-Shiong Family Foundation". Foundation Directory Online.
  6. "Patrick Soon-Shiong, MD". CEO Council on Health and Innovation.
  7. Tronc (18 Junie 2018). "tronc, Inc. Announces Closing of the Los Angeles Times and The San Diego Union-Tribune Sale". Persberig. http://investor.tronc.com/phoenix.zhtml?c=254385&p=irol-newsArticle&ID=2355030. Besoek op 18 Junie 2018. 
  8. Forbes Staff. "Forbes profile: Patrick Soon-Shiong". Forbes.com. Besoek op 27 November 2019.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy