Gaan na inhoud

Petagreep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hoeveelhede van grepe
SI-voorvoegsels Binêre voorvoegsels
Simbool
(naam)
Standaard-
gebruik
Historiese
gebruik
Simbool
(naam)
Waarde
kG (kilogreep) 10001=103 10241 KiG (kibigreep) 210
MG (megagreep) 10002=106 10242 MiG (mebigreep) 220
GG (gigagreep) 10003=109 10243 GiG (gibigreep) 230
TG (teragreep) 10004=1012 10244 TiG (tebigreep) 240
PG (petagreep) 10005=1015 10245 PiG (pebigreep) 250
EG (eksagreep) 10006=1018 10246 EiG (eksbigreep) 260
ZG (zettagreep) 10007=1021 10247 ZiG (zebigreep) 270
YG (jottagreep) 10008=1024 10248 YiG (jobigreep) 280

'n Petagreep (Engels: petabyte), afgekort PB, is 1000 teragrepe.

Die petagreep is 'n veelvoud van die eenheid greep vir digitale inligting. Die voorvoegsel peta- verteenwoordig die vyfde mag van 1000, en beteken 1015 in die Internasionale Stelsel van Eenhede (SI). Dus is een petagreep een triljoen grepe.

1 PB = 1 000 000 000 000 000 grepe = 1015 grepe = 1 000 000 gigagrepe = 1000 teragrepe.

'n Verwante eenheid, die pebigreep (PiB), met behulp van 'n binêre voorvoegsel, is die ooreenstemmende 5de krag van 1024.

Voorbeelde van petagreep-grootte datastoorplek

[wysig | wysig bron]
  • Telekommunikasie (kapasiteit): Die wêreld se effektiewe kapasiteit om inligting uit te ruil deur tweerigting-telekommunikasienetwerke was 281 petagrepe se inligting in 1986, 471 petagrepe in 1993, 2200 petagrepe in 2000, en 65 000 petagrepe in 2007 (die inligting is gelykstaande daaraan dat elke persoon op aarde 6 koerante se inligting per dag uitruil).[1]
  • Telekommunikasie (gebruik): Die firma AT&T dra elke dag sowat 30 petagrepe se data oor deur middel van sy netwerke.[2]
  • Internet: Google verwerk daagliks sowat 24 petagrepe se data in 2009.[3]
  • Super: In Januarie 2012 het Cray begin bou aan die "Blue Waters Superkomper", wat met 'n kapasiteit van 500 petagrepe dit die grootste datastoorfasiliteit ooit sal maak.[4]
  • Datastoorstelsel: In Augustus 2011 word daar berig dat IBM die grootste stoorfasilitiet ooit gebou het, met 'n kapasiteit van 120 petagrepe.[5]
  • Databasisse: Teradata Database 12 het 'n kapasiteit van 50 petagrepe se saamgeperste data.[6]
  • Data-ontginning: In Augustus 2012 het Facebook se Hadoopbondels meer as 100 PB fisiese spasie in 'n enkele HDFS lêerstelsel,[7] en Yahoo! berg 2 petagrepe se data oor gedrag.[8]
  • Digitale argiewe: Die internetargief "The Wayback Machine" oorskry 15 petagrepe teen Mei 2014.[9]
  • E-pos: In Mei 2013 kondig Microsoft aan dat hulle as deel van hul migrasie van "Hotmail"-rekeninge na die nuwe Outlook.com e-posstelsel, meer as 150 petagrepe se gebruikersdata in ses weke migreer het.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The World’s Technological Capacity to Store, Communicate, and Compute Information", Martin Hilbert and Priscila López (2011), Science, 332(6025), 60-65.
  2. "AT&T- News Room" (in Engels). Att.com. 23 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2017. Besoek op 16 Augustus 2009.
  3. "MapReduce". Portal.acm.org. Besoek op 16 Augustus 2009.
  4. "Blue Waters petaflop supercomputer installation begins" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2012. Besoek op 12 Mei 2015.
  5. Simonite, Tom (25 Augustus 2011). "IBM Builds Biggest Data Drive Ever". Technology Review. Besoek op 18 Oktober 2011.
  6. "Teradata Database 12.0 - Database Management - SQL Database" (in Engels). Teradata.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2010. Besoek op 16 Augustus 2009.
  7. "Under the Hood: Hadoop Distributed Filesystem reliability with Namenode and Avatarnode" (in Engels). Facebook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2019. Besoek op 14 April 2013.
  8. Lai, Eric. "Size matters: Yahoo claims 2-petabyte database is world's biggest, busiest". Computerworld. Besoek op 13 Maart 2013.
  9. Brownell, Brett (22 Mei 2014). "Meet the People Behind the Wayback Machine, One of Our Favorite Things About the Internet". Mother Jones (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2019. Besoek op 29 Mei 2014.
  10. "Outlook.com: 400 million active accounts, Hotmail upgrade complete and more features on the way".
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy