Gaan na inhoud

Rekenaarlinguistiek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rekenaarlinguistiek is 'n interdissiplinêre veld gemoeid met die statistiese of reëlgebaseerde modellering van natuurlike taal vanuit 'n rekenaarmatige perspektief. Dit behels ook die studie van geskikte rekenaarmatige benaderings tot taalkundige vrae.

Rekenaarlinguistiek is tradisioneel beoefen deur rekenaarwetenskaplikes wat gespesialiseer het in die toepassing van rekenaars in die verwerking van 'n natuurlike taal. Deesdae werk rekenaarlinguiste in interdissiplinêre groepe, wat gewone taalkundiges, kenners van die doeltaal en rekenaarwetenskaplikes insluit. Oor die algemeen maak die rekenaarlinguistiek staat op, onder andere, die betrokkenheid van taalkundiges, rekenaarwetenskaplikes, kenners van kunsmatige intelligensie, wiskundiges, logici, filosowe, kognitiewe wetenskaplikes, kognitiewe sielkundiges, psigolinguiste, antropoloë en neurowetenskaplikes.

Die rekenaarlinguistiek het teoretiese en toegepaste komponente. Die teoretiese rekenaarlinguistiek spreek kwessies in die teoretiese linguistiek en kognitiewe wetenskap aan en die toegepaste rekenaarlinguistiek fokus op die praktiese uitkomste van die modellering van menslike taalgebruik.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Uszkoreit, Hans. "What Is Computational Linguistics?". Departement van Rekenaarlinguistiek en Fonetiek van Saarland-Universiteit.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy