Gaan na inhoud

Rudolph Lewis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rudolph Lewis in 1913.

Rudolph Lewis (12 Julie 188729 Oktober 1933), meer bekend as Okey Lewis, was die eerste Suid-Afrikaner wat 'n goue medalje in fietsry kon wen. Hy het dit vermag tydens die Olimpiese Somerspele 1912 te Stockholm.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Lewis is in die Waterberg-distrik gebore en het in 1903 in 'n myn begin werk. Later het hy by die spoorweë gewerk en toe uit sy werk bedank om aan die Olimpiese Somerspele deel te neem.

Olimpiese Somerspele 1912

[wysig | wysig bron]
Rudolph Lewis in 1912.

Gedurende 1911 het Lewis 'n 25 myl padwedren te Paarl gewen. Die padproefwedren het op 30 Maart 1912 plaasgevind en Lewis was die enigste ryer van die vyf deelnemers wat die wedren voltooi het. Die wedren was 241 km lank. Lewis is op 5 April tot die Olimpiese span verkies. Die Olimpiese span het op 11 April met die SS Armadale Castle uit Kaapstad vertrek en op 17 April in Southampton aan wal gegaan. Twee weke voor die Spele se opening het hulle per skip in Swede gearriveer.

Die tydtoets vir die fietsryers is oor 315 km gehou op 'n gruispad om die Mälarmeer. Die eerste ryers het op 7 Julie om 2:00 weggespring. Daar was 123 deelnemers uit 16 lande en hulle het met 2 minute intervalle weggespring. Wegspringplekke is per lootjie bepaal, Lewis het tweede weggespring en die eerste ryer na 8 km verbygesteek. Hy het 'n 88-rat Swift fiets gery. Vir die eerste 160 km was die wind van voor en met 10 km oor het hy 'n lekband opgedoen. Hierna moes hy elke 400  stop om die wiel te pomp. Hy het egter die wedren in 10:42:39 voltooi vir sy goue medalje. Slegs 94 deelnemers het die wedren voltooi.

Latere lewe

[wysig | wysig bron]

Na die Olimpiese spele het Lewis gedurende 1913 in Duitsland gaan fietry. Hy verskyn op die podium 'n paar keer en keer terug na Suid-Afrika aan die einde van die seisoen. Hy vertrek weer na Europa gedurende 1914 maar die Eerste Wêreldoorlog bring 'n einde aan sy fietsry loopbaan.

Hy sluit by die Duitse magte aan en verower 'n Duitse Ysterkruis voor hy 'n krygsgevange word. Hy keer na die oorlog terug na Suid-Afrika in 'n swak fisieke toestand waarvan hy nooit heeltemal herstel nie. Hy sterf op 29 Oktober 1933.

  • Die man wat alleen gery het. Beeld. 7 Julie 2012.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy