Gaan na inhoud

Skógar

Koördinate: 63°31′29″N 19°30′25″W / 63.52472°N 19.50694°W / 63.52472; -19.50694
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Skógar
Dorp
Die Museum vir Volkskunde in Skógar
Die Museum vir Volkskunde in Skógar
Skógar is in Ysland
Skógar
Skógar
Koördinate: 63°31′29″N 19°30′25″W / 63.52472°N 19.50694°W / 63.52472; -19.50694
LandVlag van Ysland Ysland
KiesafdelingSuðurkjördæmi
RegionSuðurland
CountyRangárvallasýsla
MunisipaliteitRangárþing eystra
Bevolking
 • Totaal25
TydsoneUTC±00:00 (GMT)
Webwerfskogasafn.is

Skógar [ˈskou.ar], letterlik "bosse", is 'n klein Yslandse dorpie suid van die Eyjafjallajökull-gletser met 25 inwoners. Die dorp, wat vier meter bo seevlak en 154 kilometer van die hoofstad Reykjavík af lê, maak deel uit van die munisipaliteit Rangárþing eystra. Sy naam dui daarop die omgewing vroeër moontlik bebos was.

Skógar staan veral bekend vir die nabygeleë Skógafoss-waterval van die Skóga-rivier (met 'n hoogte van 60 meter) en sy Museum vir Volkskunde (Skógasafn). 'n Tweede museum behandel die geskiedenis van vervoer in Ysland. Skógar is die geboortedorp van die Yslandse joernalis, digter, dramatikus en vertaler Matthías Jochumsson (1835–1920) wat onder meer bekendheid verwerf het as die skrywer van die teks van die Yslandse volkslied Lofsöngur.

Skógar is ook die beginpunt van die voetslaanpad Laugavegur wat via die Fimmvörðuháls en Þórsmörk (letterlik "Thor se woud") tot by die afgeleë gebied Landmannalaugar loop.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy