Gaan na inhoud

Voëlverskrikker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Voëlverskrikkers op 'n rysveld in Japan.

'n Voëlverskrikker of strooipop is 'n voorwerp waarmee voëls verdryf word. Kraaie en ander klein tot middelgroot voëls is dikwels ongenooide gaste op lande, wat groot skade aan vrugte aanrig en sade opvreet voordat dit ontkiem. Voëls is ook 'n gevaar naby lughawens, wat noodlottige ongelukke kan veroorsaak as hulle nie verdryf word nie. Soms is hulle sommer 'n steurnis as gevolg van die lawaai wat hulle opskop.

Oorspronklik is poppe algemeen as voëlverskrikkers ingespan, gewoonlik met uitgespreide arms en met strooi opgestop, om dit soos mense te laat lyk. Daar is egter ook ander metodes, soos die ophang van reflektiewe stroke aluminium in vrugtebome.

Party soorte voëlverskrikkers werk net tydelik. Sodra die voëls agterkom dat hul geen gevaar inhou nie, sal hulle selfs neste daarin bou.

Ander metodes is die ophang van dooie kraaie en die speel van angskrete (die geluid waarmee voëls mekaar waarsku) deur luidsprekers. Sulke metodes is effektief en werk permanent.

Fotogalery

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy