Gaan na inhoud

Worsie Visser

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Worsie Visser
GeboortenaamHermias Cornelis Visser
Gebore3 September 1963
Vredendal
Sterf4 Mei 1998
Saldanha
GenresLigte Afrikaanse musiek
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem
EtiketteGazania-musiek
AssosiasiesZirk Bergh

Hermias Cornelis (Worsie) Visser (3 September 19634 Mei 1998) was 'n bekende Afrikaanse sanger. Visser was bekend vir liedjies soos Lekker ou Jan, Ek en My Meisie, Boesmanland, Gee die Hond Wind en Osbraai op Kromdraai. Hy is op 35-jarige ouderdom in 'n vliegtuigongeluk by Saldanha oorlede.[1][2] Ná sy dood het dit bekend geword dat sy stembande besig was om in te gee en dat sy sangloopbaan waarskynlik verby was.[3]

Visser se broer, Michiel, het die baskitaar in Worsie se Boesmanland-orkes gespeel. Hy het later self 'n paar CD's uitgereik, onder andere Kom kuier by my, Lekker Boesmanland, Hier's ek weer en Bitter snare.

Een van Worsie se kitaarspelers, Zirk Bergh, later 'n sanger uit eie reg, het homself en verskeie ander op 14 Desember 2013 om die lewe gebring.

Diskografie

[wysig | wysig bron]
  • Die Boesmanland Bundel, 2009
  • Dis My Kontrei
  • Vroeteltreffers Uit Boesmanland, 2004
  • Res Van Die Bes – Nog Meer Treffers Van Doerietyd
  • Seun Van Bitterfontein
  • Treffers Van Doerie Tyd Tot Nou, 2004 TRIO
  • Ou Bokke En Groen Blare
  • Gee Die Hond Wind
  • Lekker Ou Jan, 1997 TRIO
  • Pa Se Klong LP, 1991 VENUS/TRIO
  • My Hart Is Daar LP, 1988 TRIO
  • Gee Hom Gas
  • Dis My Kontrei LP
  • Die WP Bossanova / Dankie Is Maar Al 7, 1965 VENUS

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Medelye oor Worsie se dood stroom in van oor wêreld[dooie skakel], Die Burger, 6 Mei 1998.
  2. Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
  3. Nog g'n lig op Worsie se rampdood Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine, Rapport, 20 September 1998

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy