Gaan na inhoud

Zagros

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nasa-Satellietbeeld van die Zagros in 1992
Ligging van die Zagrosgebergte
Dena is die hoogste bergpiek van die Zagros

Die Zagros (Persies: کوه‌های زاگرس, Reschte-Kuh-e Zāgros; Koerdies: چیاکانی زاگرۆس, Çiyayên Zagrosê; Luri: کۆیَل زاگروس) is 'n langgestrekte bergreeks in Iran, Koerdistan en Suidoos-Turkye. Die Zagros streek van die noordwestelike Iran en volg rofweg die westelike grens van dié land, maar bedek ook groot dele van suidoostelike Turkye en noordoostelike Irak. Vanaf hierdie grensgebied loop die Zagros parallel tot die Irannese kuslyn langs die Persiese Golf. Dit streek oor die hele lengte van die westelike en suidwestelike Irannese plato en eindig by die Straat van Hormuz.

Die Zagros streek oor sowat 1 600 km en is omtrent 240 km breed. Dena is met 4 409 meter bo seevlak die hoogste bergpiek van die Zagros. Dit behoort tot die Alpynse berggordel van Eurasië.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Zagros.
  • (en) "Zagros Mountains". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 Februarie 2021.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy