Gaan na inhoud

Zond-ruimteprogram

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Zond (Russies: Зонд) is die naam wat gebruik is vir twee reekse onbemande ruimtetuie deur die Sowjetunie tussen 1964 en 1970. Die doel was om inligting in te samel oor nabygeleë planete en om ruimtetuie te toets.

In die begin was daar probleme met die Proton-vuurpyl se betroubaarheid, maar daar is voortgegaan met die toetsvlugte, met ’n paar probleme wat wel ontstaan het. Die meeste van die toetsvlugte tussen 1967 en 1970 (Zond 4 tot 8) het probleme ondervind om na die aarde terug te keer.

Al die Zond-sendings was onbemande vlugte. Vier van hulle het foute gehad wat geen bemanning sou oorleef het nie. Instrumente op hierdie vlugte het data versamel oor onder andere kosmiese en sonstrale, magnetiese velde, radioseine en die sonwind. Baie foto's is op die sendings geneem.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy