Content-Length: 73631 | pFad | http://af.wikipedia.org/wiki/Georg_Meiring

Georg Meiring - Wikipedia Gaan na inhoud

Georg Meiring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Georg Meiring
Georg Meiring

Generaal Meiring

Geboortedatum (1939-10-18)18 Oktober 1939
Geboorteplek Ladybrand, Oranje-Vrystaat
Sterfdatum 3 September 2024 (op 84)
Sterfplek Pretoria
Lojaliteit Vlag van Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Diens/Tak Suid-Afrikaanse Weermag
Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Jare in diens 1963-1994
1994-1998
Rang Generaal
Veldslae/oorloë Suid-Afrikaanse Grensoorlog
Toekennings Orde van die Ster
Suiderkruis-dekorasie
Suiderkruismedalje
Militêre Merietemedalje

Generaal Georg Meiring (* 18 Oktober 1939 – † 3 September 2024) was 'n senior Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder.[1][2] Na hy 'n MSc-graad in fisika aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat behaal het, het hy in 1963 as 'n seinbeampte by die Suid-Afrikaanse Leër aangesluit. In 1974 is hy as die direkteur van die sein-afdeling (DSigs) van die Suid-Afrikaanse Leër aangestel.[3]

Hy het van 1982 tot 1983 as adjunkhoof van die leër gedien en van 1983 tot 1987 as die hoof van die Suidwes-Afrika Gebiedsmag. Hy was later hoof van die Verre Noord-Bevel, weer adjunkhoof van die leër, hoof van die leër van 1990 tot 1993, die laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag van 1993 tot 1994, en die eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag van 1994 tot 1998.

Meiring ontvang in 1998 die Suid-Afrikaanse Orde van die Ster (goud).[4] Hy het ook die orde van "Cloud and Banner" 4de klas van Taiwan ontvang.[5]

Op 5 Februarie 1998 oorhandig Meiring in sy kapasiteit as hoof van Militêre Inligting 'n verslag aan president Nelson Mandela oor 'n organisasie genaamd die "Front African People's Liberation Army". Hierdie verslag impliseer verskeie van die hooggeplaastes in die regering van sameswering tot 'n staatsgreep. Volgens die verslag sou die president en regters vermoor word, waarna die Parlement en uitsaaistasies beset sou word en verdere chaos gesaai sou word. Later, nadat dit ondersoek is, blyk dit dat die verslag foutief was of moontlik toegesmeer is.[6]

Meiring sterf op 3 September 2024 in Pretoria op die ouderdom van 84.[7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "BIOGRAPHIES OF NAMIBIAN PERSONALITIES in alphabetical order". Besoek op 23 Desember 2014.
  2. O’Malley, Padraig. "Meiring, Georg: The O'Malley Archives". Nelson Mandela Centre of Memory. Besoek op 23 Desember 2014.
  3. Hamann, Hilton (2001). Days of the Generals: The untold story of South Africa's apartheid-era military generals. Kaapstad: Zebra Press. ISBN 1-86872-340-2. Besoek op 10 Februarie 2007.[dooie skakel]
  4. "SA Regering - Nasionale ordes". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2011. Besoek op 18 Oktober 2014.
  5. Hayes, S.V. Who's Who of Southern Africa 1994/1995. Who's Who of Southern Africa (Pty) Ltd. p. 385. ISBN 0-9583902-1-5.
  6. Vrae oor Modise se rol om verslag Opposisie sê minister se kop moet ook waai[dooie skakel], Beeld, 8 April 1998
  7. Mitchley, Alex (4 September 2024). "General Georg Meiring, the first SANDF chief under Mandela, has died". News24. Besoek op 4 September 2024.








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: http://af.wikipedia.org/wiki/Georg_Meiring

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy