Content-Length: 70262 | pFad | http://af.wikipedia.org/wiki/Iwan_Tsarewitsj

Iwan Tsarewitsj - Wikipedia Gaan na inhoud

Iwan Tsarewitsj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Iwan Tsarewitsj ry op die Grys Wolf, Wiktor Wasnetsof

Iwan Tsarewitsj (Russies: Иван Царевич; prins Johan/Iwan) is een van die hoofhelde van Russiese volksverhale. Hy word gewoonlik positief uitgebeeld en is dikwels in ’n stryd gewikkel met Kosjtsjei die Onsterflike.

Hy is dikwels, maar nie altyd nie, die jongste van drie seuns. In die verhaal Die Drie Koninkryke is hy die seun van Nastasja. In verskillende verhale het hy verskillende vroue, onder andere Jelena die Mooie (Tsarewitsj Iwan, die Vuurvoël en die Grys Wolf), Wasilisa die Wyse en Marja Morewna.

Iwan Tsarewitsj en die Vuurvoël op ’n towertapyt

Iwan het in sommige verhale magiese kragte en hy het die metsj-kladenets (Russies: меч-кладенец), ’n fantastiese towerswaard.

Verhale waarin Iwan voorkom, sluit in Tsarewitsj Iwan, die Vuurvoël en die Grys Wolf, Die Padda-prinses, Die Seekoning en Wasilisa die Wyse en Die dood van Kosjtsjei die Onsterflike (ook bekend as Marja Morewna).









ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: http://af.wikipedia.org/wiki/Iwan_Tsarewitsj

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy