Content-Length: 141232 | pFad | http://af.wikipedia.org/wiki/Laptefsee

Laptefsee - Wikipedia Gaan na inhoud

Laptefsee

Koördinate: 75°N 126°O / 75°N 126°O / 75; 126
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Laptefsee

Nasa-Satellietbeeld van die Laptefsee

Kaart van die Laptefsee
Koördinate:75°N 126°O / 75°N 126°O / 75; 126
Ligging:Siberië, Rusland
Soort:See van die Arktiese Oseaan
Oppervlakte:714 000 km² (276 000 myl²)
Gemiddelde diepte:578 m (1 896 vt)
Maksimum diepte:2 980 m (9 774 vt)
Volume:403 000 km³
Invloei:Lena, Olenjok
Eiland/e:Sewernaja Zemlja, Nieu-Siberiese Eilande
Gevries:Feitlik die hele jaar
Ligging van die Laptefsee

Die Laptefsee (Russies: мо́ре Ла́птевых, more Laptevykh) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen Sewernaja Zemlja in die weste, die Nieu-Siberiese Eilande in die ooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Laptefsee grens aan die Karasee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Oos-Siberiese See in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 714 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 578 m.[1] Die see is genoem ná die Russiese ontdekkingsreisigers Dmitri Laptef en Khariton Laptef en was voorheen bekend as Nordenskiöldsee (Russies: мо́ре Норденшёльда), genoem ná Adolf Erik Nordenskiöld.

Belangrike riviere wat in die Laptefsee uitmond is die Lena en die Olenjok. Die see is feitlik die hele jaar gevries.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Laptev Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 16 Julie 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]








ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: http://af.wikipedia.org/wiki/Laptefsee

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy