Content-Length: 63532 | pFad | https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suid-Afrikaanse_Standaardtyd&oldid=2244335

Suid-Afrikaanse Standaardtyd - Wikipedia Gaan na inhoud

Suid-Afrikaanse Standaardtyd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tydsones van Afrika:
swart UTC-1: Kaapverdiese Tyd.
groen UTC+0: Wes-Europese Tyd · Greenwichtyd.
blou UTC+1: Middel-Europese Tyd · Wes-Afrika Tyd.
rooi UTC+2: Middel-Europese Somertyd · Oos-Europese Tyd · Sentraal-Afrika Tyd · Wes-Afrika Somertyd · Suid-Afrikaanse Standaardtyd.
geel UTC+3: Oos-Europese Somertyd · Oos-Afrika Tyd.
grys UTC+4: Mauritiustyd · Seychelletyd.
Lande met strepe het 'n somertyd

Suid-Afrikaanse Standaardtyd, of SAST, is 'n tydsone wat regdeur Suid-Afrika, sowel as eSwatini en Lesotho gebruik word. Die tydsone is twee ure voor UTC (UTC+2) en is dieselfde as Sentraal-Afrikatyd, wat deur lande noord en oos van Suid-Afrika gebruik word.

Solêre middag in die tydsone gebeur teen 30° O in SAST, wat Durban en Pietermaritzburg effektief by die regte solêre middagpunt plaas. Plekke wes van 22.5° O ondervind effektiewelik altyd somertyd as gevolg van die plekke se ligging (in ware, UTC+1) maar steeds in SAST, dus is sonsopkoms en sonsondergang relatief laat in Kaapstad in vergelyking met die res van Suid-Afrika.

Ter illustrasie van die verskil in daglig-ure in die weste en ooste van die land:

  • Kaapstad: 1 Januarie: 05:38–20:01, 1 Julie: 07:52–17:48
  • Durban: 1 Januarie: 04:58–19:00, 1 Julie: 06:52–17:07

Somertyd word nie in die tydsone gebruik nie.









ApplySandwichStrip

pFad - (p)hone/(F)rame/(a)nonymizer/(d)eclutterfier!      Saves Data!


--- a PPN by Garber Painting Akron. With Image Size Reduction included!

Fetched URL: https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Suid-Afrikaanse_Standaardtyd&oldid=2244335

Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy