Gaan na inhoud

Ekonomiese streek Noord-Kaukasus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die ekonomiese streek Noord-Kaukasus in Rusland.

Die ekonomiese streek Noord-Kaukasus (Russies: Се́веро-Кавка́зский экономи́ческий райо́н, Sewero-Kafkazski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit loop afwaarts in ’n noordelike rigting van die hoofreeks van die Kaukasusgebergte tot ’n gelyk vlak en is ryk aan olie, gas en steenkool.

Die streek is 355 100 km2 groot en die bevolking is 19 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 56 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 53/km2. Die grootste stede is Rostof aan die Don, Krasnodar, Grozni, Wladikafkaz en Noworossiisk. Sotsji is ’n gewilde oord.

Die belangrikste produkte van die streek is plaasmasjinerie, steenkool, petroleum en natuurlike gas. Die Koeban-rivierstreek, ’n vrugbare swartgrondgebied, verskaf ’n groot deel van Rusland se graan. Ook suikerbeet, tabak, rys en sonneblomme word geplant en daar word met beeste geboer. Ander riviere sluit in die Don, Koema en Terek, en die Wolga-Don-kanaal is ’n belangrike vervoerroete.[1]

Deelgebiede

[wysig | wysig bron]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Adigea
  2. Dagestan
  3. Ingoesjetië
  4. Kabardino-Balkarië
  5. Karatsjai-Tsjerkessië
  6. Krasnodar-krai
  7. Noord-Ossetië-Alanië
  8. Rostof-oblast
  9. Stawropol-krai
  10. Tsjetsjnië

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Russia. The Columbia Encyclopedia, 6de uitg. 2001-07". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2007. Besoek op 25 Mei 2013.
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy