Gaan na inhoud

Oos-Chinese See

Koördinate: 30°N 125°O / 30°N 125°O / 30; 125
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oos-Chinese See

Nasa-Satellietbeeld van die Oos-Chinese See

Kaart van die Oos-Chinese See
Koördinate:30°N 125°O / 30°N 125°O / 30; 125
Ligging:Republiek China, Volksrepubliek China, Japan, Suid-Korea
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:750 000 km² (290 000 myl²)
Gemiddelde diepte:350 m (1 145 vt)
Maksimum diepte:2 716 m (8 912 vt)
Invloei:Geelrivier, Yangtze
Eiland/e:Kioesjoe, Ryukyu-eilande, Senkaku-eilande, Taiwan
Nedersettings:Dalian, Hangzhou, Incheon, Nieu-Taipei, Qingdao, Sjanghai, Taoyuan

Die Oos-Chinese See (Chinees: 東海/東中國海, pinyin: Dōng Hǎi, letterlik: "Oostelike See"; Koreaans: 동중국해/東中國海; Japannees: ひがしシナかい) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Republiek China op Taiwan in die suidweste, die Volksrepubliek China in die weste, Suid-Korea in die noorde asook die Japanse eilande Kioesjoe en Ryukyu-eilande in die ooste. Die Oos-Chinese See grens aan die Filippynse See in die suidooste. Die Oos-Chinese See word in die suidweste deur die Straat van Taiwan met die Suid-Chinese See en in die noordooste deur die Straat van Korea met die See van Japan verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 750 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 350 m.[1]

Ligging van die Oos-Chinese See
'n Uitsig oor die Oos-Chinese See vanaf Yeliou, Taiwan

In Suid-Korea word die Oos-Chinese See soms "Suidelike See" genoem. Die noordelike deel van die see, tussen China en Korea, word Geelsee genoem.

Groot stede aan die see is Dalian, Hangzhou, Incheon, Nieu-Taipei, Qingdao, Sjanghai en Taoyuan en die belangrikste riviere wat in die see uitmond, is die Geelrivier in die noorde en die Yangtze verder suid.

Die Oos-Chinese See is onderworpe aan gebiedsgeskille tussen die Volksrepubliek China en Japan, wat in besonder betrekking het op ryk ondersese ruoliebronne, soos by die Senkaku-eilande.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "East China Sea". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 12 Augustus 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy