Gaan na inhoud

Saba (soera)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
سَبَأ
  Soera 34 van die Koran  
Klassifikasie Mekkaans
In Arabies Saba
In Afrikaans "Skeba"
Deel 22
Ajat 54

Saba (Arabies: سَبَأ, "Skeba") is die 34ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 54 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Saba.

Dit bespreek die lewe van Salomo en Dawid. Dit bevat ook 'n verhaal oor die mense van Skeba en waarskuwings aan die ongelowiges en oor die oordeelsdag.

Opsomming

[wysig | wysig bron]

Die hoofstuk begin met die frase "Die lof kom Allah toe" (Alhamdulillah), een van die vyf sodanige hoofstukke.[1] Die eerste twee verse voer God se lofwaardigheid en alomteenwoordigheid aan.[2] Die volgende verse (3-9) kritiseer die ongelowiges oor hulle verwerping van die opstanding, die oordeelsdag en Mohammed se boodskap.[2][3] Verse 10-14 bespreek Dawid en Salomo kortliks. Hulle was albei profete in Islam.[2]

Verse 15-19 bevat 'n verhaal oor die mense van Skeba.[2] Dit is geskoei op die antieke Sabeërs wat in die sentrale laaglande van Jemen gewoon het.[4][5] Volgens dié verse was hulle aanvanklik vooruitstrewend, maar het ophou aanbid en is met 'n vloed gestraf.[6] Dit verteenwoordig 'n waarskuwing teen trots en ondankbaarheid.

Die res van die soera bespreek verskeie sake, insluitende die aard van Iblies (die duiwel in Islam), waarskuwings aan diegene wat die boodskap van Islam verwerp, oor wat op die oordeelsdag wag en die aard van Mohammed se sending.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The Study Quran, p. 1043, v. 1 commentary.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 The Study Quran, p. 1042.
  3. The Study Quran, pp. 1043–1044, vv. 5–9 commentary.
  4. Schiettecatte 2016.
  5. Beeston 1995, p. 663.
  6. The Study Quran, pp. 1045–1046, vv. 15–17 commentary.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Seyyed Hossein Nasr; Caner K. Dagli; Maria Massi Dakake; Joseph E.B. Lumbard; Mohammed Rustom, reds. (2015). The Study Quran: A New Translation and Commentary. New York: HarperCollins. ISBN 978-0-06-112586-7.
  • Beeston, A. F. L. (1995). "Sabaʾ". The Encyclopedia of Islam, New Edition, Vol VII: Ned–Sam. Leiden: BRILL. 663–665. DOI:10.1163/2214-871X_ei1_SIM_5004. ISBN 90-04-09834-8. 

Skakels

[wysig | wysig bron]
Vorige soera:
Al-Ahzab
Die Koran Volgende soera:
Al-Fatir
Soera Saba (soera)

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

pFad - Phonifier reborn

Pfad - The Proxy pFad of © 2024 Garber Painting. All rights reserved.

Note: This service is not intended for secure transactions such as banking, social media, email, or purchasing. Use at your own risk. We assume no liability whatsoever for broken pages.


Alternative Proxies:

Alternative Proxy

pFad Proxy

pFad v3 Proxy

pFad v4 Proxy