Spikkelarendrog
Spikkelarendrog | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. narinari
|
Binomiale naam | |
Aetobatus narinari (Euphrasen, 1790)
| |
Sinonieme | |
Aetobatis latirostris |
Die Spikkelarendrog (Aetobatus narinari) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is groot met 'n verhewe kop met die oë aan die sykante. Dit is bruin of swart van kleur met wit spikkels op sy lyf.
Daar kan tot 50 giftige stekels naby die stertwortel wees. Die stert kan ook tot 2.5 keer die lengte van die rog se lyf wees. Dit kan tot 2.3 m breed word en weeg dan 98 kg. Die rog swem naby die bodem in water wat tot 50 m diep is. Hulle vreet tweekleppiges, skaaldiere en seekatte. In Engels staan die rog bekend as die Spotted eagleray.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronne
[wysig | wysig bron]- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Kyne, P.M., Ishihara, H., Dudley, S.F.J. & White, W.T. (2006). Aetobatus narinari. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 24 Februarie 2009.