Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Satan (Hebreeus: שָּׂטָן, sāṭān, Grieks: ὁ σατανᾶς of σατάν, ho satanas/satan, Arabies: الشَّيطان, asj-sjhaitan), ook bekend as die duiwel of as Lucifer in die Christendom, is 'n entiteit in die Abrahamitiese gelowe wat die mens verlei tot sonde of leuenagtigheid. In die Judaïsme word Satan beskou as 'n agent wat ondergeskik aan God is. Hy word gewoonlik beskou as 'n metafoor vir die yetzer hara, of "bose geneigdheid". In die Christendom en Islam word hy gewoonlik beskou as 'n gevalle engel of djien wat teen God gerebelleer het, hoewel God hom nogtans tydelike mag toelaat oor die gevalle wêreld en 'n skare demone. In die Koran is Sjaitan, ook bekend as Iblies, 'n entiteit wat van vuur gemaak is en uit die hemel gewerp is omdat hy geweier het om voor Adam te kniel en die mens se gedagtes vul met "bose voorstelle". 'n Figuur bekend as ha-satan ("die Satan") verskyn die eerste keer in die Hebreeuse Bybel as 'n hemelse aanklaer, ondergeskik aan god, wat die volk van Juda in die hemelse hof aankla en die lojaliteit van Jahweh se volgelinge toets. In die tussentestamentiese tydperk het die Satan, moontlik onder invloed van die Zoroastriese figuur Angra Mainjoe, ontwikkel in 'n kaadwillige entiteit met afstootlike eienskappe in opposisie met God. In die apokriewe Boek van Jubileë gee Jahweh die Satan (na wie as Mastema verwys word) mag oor 'n groep gevalle engele, of hulle nageslag, om mense uit te lok tot sonde en hulle te straf. Hoewel Genesis hom nie noem nie, identifiseer Christene die slang in die tuin van Eden as Satan. In die sinoptiese evangelies (Matteus, Markus en Lukas) lei Satan vir Jesus in die woestyn in versoeking en word hy geïdentifiseer as die oorsaak van siektes en verleiding. In Openbaring verskyn Satan as 'n groot vuurrooi draak, wat deur die aartsengel Migael verslaan en uit die hemel gewerp word. Hy word later vir duisend jaar vasgebind, maar word vir 'n kort ruk vrygelaat voordat hy finaal verslaan en in die poel van vuur en swael gegooi word. In die Middeleeue het Satan 'n minimale rol in die Christelike teologie gespeel en is hy vir komiese afwisseling in raaiseltoneelstukke gebruik. In die vroeë moderne tydperk het Satan se belangrikheid aansienlik toegeneem namate die geloof in besetenheid en heksery toegeneem het. In die tyd van die Verligting is die geloof in die bestaan van Satan gekritiseer deur denkers soos Voltaire. Die geloof in Satan het egter voortbestaan. Hoewel Satan gewoonlik as boos beskou word, glo sommige groepe anders. In tradisionele satanisme word Satan as 'n godheid beskou wat óf aanbid óf vereer word. In die Kerk van Satan is hy 'n simbool van deugdelike eienskappe en vryheid. Satan se verskyning word nooit in die Bybel beskryf nie, maar sedert die 9de eeu word hy dikwels in Christelike kuns uitgebeeld met horings, hoewe, harige bene en 'n stert. Hy is dikwels nakend en hou 'n getande vurk vas. Dié eienskappe kom van 'n verskeidenheid heidense gode, soos Pan, Poseidon en Bes. Satan verskyn gereeld in Christelike letterkunde, soos in Dante Alighieri se Inferno, in al die weergawes van die klassieke Faustverhaal, in John Milton se Paradise Lost en Paradise Regained, en in die gedigte van William Blake. Hy verskyn ook in rolprente en musiek en op televisie.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Groot en die Klein Magellaanse Wolk na Ferdinand Magellaan vernoem is, maar dat Al Soefi dit reeds meer as 500 jaar voor hom opgeteken het? Hy verwys daarna in sy "Boek van sterre" wat uit 964 dateer. ... dat magnesium die chemiese element in die periodieke tabel is met die agste grootste verspreiding? Dié aardalkalimetaal beslaan ongeveer 2% van die aardkors en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing in seewater. ... dat Gladys Steyn die eerste vroulike advokaat in Suid-Afrika was? ... dat 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal vroeër in Skotland gepraat is? Op die Shetland- en Orkney-eilande en in Caithness op die vasteland is die uitgestorwe Norn gepraat. Nadat die eilande in die 15de eeu deur Noorweë aan Skotland teruggegee is, is dit deur Skots vervang. ... dat die Blohm & Voss BV 138-vliegboot dieselaangedrewe motors gebruik het?
Vandag in die geskiedenis
24 Oktober: Onafhanklikheidsdag in Zambië (1964)
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|